Words..

My gevoelsmeter is diep in die rooi vandag. Hoekom is dit dat daar maande in ‘n persoon se lewe kan verbygaan sonder enige werklike gebeurlikheid en dan ewe skielik is dit asof die sluise oopgaan en alles maar alles gebeur binne ‘n week of twee? Hierdie is ek in my nostalgie-‘mode’!

THE BEE GEES –

18 Responses to Words..

  1. Wipneus! says:

    Die “Bee Gees” sal maar altyd mooi bly😉

    ((((Pikkie))))

    Miskien gaan dit volgende week beter!
    Ek dink aan jou, sterkte!!

  2. Pikkelik says:

    Thanks Wippie, lyk my jy sit ook maar tuis so deur die lang naweek….

  3. Wipneus! says:

    Ek sit ook tuis, ek is bly ook…dis koud, dit reën…niks shopping. Ek hang net hier voor my rekenaar rond.
    Ek gaan definitief nie in hierdie reën uit nie, eerstens gaan die reën my smelt, en die koue gaan my vries…. imagine ‘n ysblokkie!

  4. Wipneus! says:

    Gaan lees Antie Koekie se spookstories by die Parras whaahaaha

  5. Hi Pikkelik.

    Nee ongelukkig is ons nie met lang naweek nie. Ek is besig met reperasiewerk. Die stort het vanoggend besluit dit sal goed wees as die water in die kamer in loop en nie in die dryn af nie. Het vanoggend inspekteur, toe dorp toe om die goed te gaan koop. lekker saam met my dogtertjie shopping gedoen, koffie gaan dring saam met ‘n vriend en nou is ek terug. Gaan eers weer ‘n rukkie verdwyn want gaan nou daardie stort regmaak.

    Sal dalk later vannaand iets pos. Wie weet. Ja dit sous ook lekker hier by ons. Koud en nat. Sal eerder in die bed wou klim, maar die stort moet reg.

    Baie sterkte met daardie rooi meter. More skyn die son weer of so hoop ons.

  6. Pikkelik says:

    Wat is dan nou fout met ‘n bietjie water in die kamer. My kinders sal dink dis Krismis…. Ek sien jou naam is nie verniet Riaan nie, Nutsman… 👿 Lekker naweek.

  7. Antie Koekie says:

    hi pikkie, onthou ‘n lekker huil was die bollie uit jou siel uit! kon nie “words” luister, maar moet jou se dit het my veeeer paaie teruggevat! dit was my en my 1ste kerel, kleintjie bouwer, se spesiale lied, toe dit uitgekom het! nog saam met oorle noag!
    geniet die morbs, soos slegte medisyne, wat goed is vir jou.
    arme riaan, om hom met nutsman te vergelyk….wat het hy aan jou gedoen?

  8. Pikkelik says:

    Ek weet Antie Koekie, Huil is goed, maar sleg vir my familie. Die kinders vat dit nie so goed nie… Ek is gelukkig soos ‘n Jack-in-the-box, spring vinnig weer terug.

    Riaan – ek het dit nou wragtig nie sleg bedoel nie… Die ooreenkoms was net te goed om te laat verbygaan

  9. Hi Pikkelik

    Ek dink nie dit is sleg om met ‘n nutsman vergelyk te word nie. Ek het al gehoor van Riaan die Nutsman. Ek hou nogal daarvan om so af en toe projekte hier by die huis aan te pak. Ek het al ons badkamer heeltemal oorgedoen, Die kantoor se ontvang heeltemal oorgeteel. Die TV-kamer ondervloerverhitting ingesit en heeltemal oorgeteel.

    Ek hou baie van die Bee Gees se musiek. Hierdie was nogal ‘n nostalgiese naweek. Al wat ‘n blogger is het al hierdie naweek hulle musiekvideos gelaai.

    Hoop jy voel intussen beter.

    Ek gaan nou vir Sue-Mari in die bed sit en heel moontlik voor haar aan die slaap raak. Geniet die res van die naweek.

  10. Antie Koekie says:

    eks partykeer bietjie staaadig! seker die verdomde ouderdom!
    wipneus, wat van spookstories by die parras??
    riaan, jy klink nie soos ons beroemde, berugte nutsman, wat vrou & kiddies los vir glanswereld; jy klink eerder soos die tipe man wat se hande reg staan vir als.well done!

  11. Hi Antie Koekie

    Ek weet te min van die berugte nutsman. Nie geweet hy het sy vrou en kiddies gelos vir die glanswêreld nie, maar so leer ‘n mens elke dag iets nuuts. Nou verstaan ek jou opmerking van vroër.

  12. Hi Pikke’woes’. ((((Pikkie)))) Hoop jou lang naweek was lekker.

  13. krista says:

    /me weet presies hoe jy voel!

  14. Wipneus! says:

    Hi Pikkie,

    Thks weereens! Dit was “fantastilatic”. Voel jy beter?

  15. Pikkelik says:

    Hi Wippie, ja wat, doller as kopaf kan dit gelukkig nie. Dinge begin darem nou na ‘n punt toe beweeg. Sal maar sien waar eindig alles. Lekker sterreloer… 🙄

  16. Wipneus! says:

    😆 wil jy my nou in hierdie koue buite toe jaag om sterre te kyk. Dream on baby…. Sterkte ((((Pikkie))))

  17. Adrie says:

    Pikkie

    Raad vir die dag: Blameer PMS. Almal aanvaar dit sonder teepraat.

    Hoop jy voel gou beter.

  18. attie says:

    Pikkie
    Dit gebeur maar sonder enige rede of oorsaak. Tog as dit eers verby is, dan was dit op ‘n unieke wyse goed.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: