Ek verstaan nie….

‘n Man en ‘n vrou is getroud.  Hulle kom vroeg agter hulle kan nie kinders hê nie en na ses jaar kry hulle twee kinders (boetie en sussie), ‘n dogtertjie van 19 maande en seuntjie van 8 maande in pleegsorg met die oog op aanneming.  Na 5 jaar gaan die aanneming deur.  Almal is in die wolke.  Die kinders is laaankal deel van die familie.  Is van dag een af aanvaar as eie.  Twee maande later verklaar die Ma sy is nie lief vir Pa nie.  Sy was nog nooit gelukkig by hom nie…  Hulle gaan na huweliksberaders en sielkundiges.

Dis ‘n maand later, hulle land op die lughawe na ‘n oorsese vakansie wat sy begeer het.  Dieselfde aand verklaar sy, sy is klaar met Pa en kinders en pak haar goed.  Die volgende oggend is sy weg….  

Ek verstaan dit nie….   Ek veroordeel nie, ek kritiseer nie ek is net eerlik as ek sê ek verstaan dit nie.  Ek glo dat ‘n verhouding nie net van een kant kan verbrokkel nie.  Daar is altyd twee kante van ‘n saak.  Ek verstaan dat ‘n vrou haar man kan los.  Maar hoe los ‘n ma haar kinders al is hulle nie uit haar gebore nie, sy het hulle tog grootgemaak!  Kan twee kinders wat al reeds een keer deur die meul was in hulle jong lewentjies nog ‘n keer opstaan en aangaan???   Hoe aanpasbaar kan ‘n 5 of 6 jarige wees???

Ek sê weereens en kritiseer nie, ek verstaan net nie.  Help…

5 Responses to Ek verstaan nie….

  1. Zee says:

    Pikkelik, ek kan dit ook nie verstaan nie. Ek is ‘n aanneem mamma en ek het getwyfel of dit wel my seun se kind is. Soos hy groter word kan ek wel sien dis ons eie bloed is maar wat ek hier wil sê is al was dit nie, sal ek NOOIT nie lief kan wees vir klein Zee nie, my bloed of nie. Mens word net te lief vir hulle om hulle weer te laat gaan. Daar het seker maar iets drasties met haar gebeur.

  2. Wipneus! says:

    Hoe kan liefde net ophou…..soos ‘n kraan wat mens toedraai? Die liefde vir jou man en kinders, raak net skielik weg? Dis bizar!

    Ek verstaan ook nie …………….

  3. Ek verstaan ook nie. Daar is baie dinge wat ek nie verstaan nie. Daar is baie dinge wat ek wil verstaan maar het ophou om te probeer om dit te verstaan. Maar as so iets naby aan jou gebeur, dan is dit baie moeiliker om dit te verstaan

  4. Haai daar.
    My ma het vir 35 jaar lank skoolgehou, sy is een van daai sout-van-die-aarde-onnies vir wie al die kinders lief is. Jy weet van watter onderwyseres ek praat? Een wat nooit ooit geslaan of geskree het nie, die kinders het net geluister. Sy het later vir kinders se kinders skoolgehou.

    Sy kon enige iets in enige kind se kop kry, met geduld en liefde.

    En haar wyse woorde bly my by: “Daar is nie iets soos ‘n probleem-kind nie, maar daar is so iets soos ‘n probleem-ouer”.

    Ek dink nou weer hieraan met die lees hiervan. Die arme kinders.

  5. Pikkelik says:

    Jy is reg Rosie, die arme kinders. Vra maar ‘n grootmens om ‘n kind op te f**. Hulle slaag elke keer daarin. Ek voel of ek kan moor!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: