Mense

Gister lees ek hierdie inskrywing van iemand met die verskillende kommentare daaroor.  Dit sit my toe aan die dink.  Ten spyte van verskille in ons voorkoms, ons ouderdomme, ons belangstellings ons werk, die manier waarop ons ontspan is daar nog iets wat baie van ons miskyk.

Ons weet daar is nie twee mense wat dieselfde is nie, ons weet almal verskil, dis nie nuus nie.  En ek weet ‘n mens kan dit nie so vereenvoudig soos wat ek nou gaan doen nie, maar dit is net iets wat my opgeval het wat ek nou met julle wil deel.

Daar is Mens-mense:  mense wat verlore sal wees sonder ander mense.  Vir wie ander mense om hulle so dodelik noodsaaklik is soos kos en water. 

Daar is Alleen-mense:  Mense wat verkies om eerder op hulle eie te wees as in ‘n groep.

Daar is Kinder-mense:  Mense wat kinders so na aan die hart dra dat dit byna ondenkbaar sal wees om hulle nie met kinders, hul eie of ander te assosieer nie.

Hier kan ons dit in vier katogorieë deel:  Baba-mense, kleuter-mense, kinder-mense en tiener-mense.

Daar is Oumens-mense:  Mense wat hulle beywer om die lewe vir ouer mense so gemaklik en aangenaam as moontlik te maak. 

Daar is diere-mense:  Mense wat diere so na aan die hart dra, soos wat ander mense dra.  Honde-mense, katte-mense, perde-mense en wild-mense.

Hierdie is maar net ‘n paar wat ek opnoem, natuurlik kan elke mens in meer as een of selfs in al die verskillende katogorieë val, maar wat vir my so opvallend is, is die feit dat ons as mense soms nie ander die reg gee om NIE in ‘n sekere katogorie te val nie. 

So what as jy nie ‘n baba-mens, of ‘n diere-mens of ‘n oumens-mens is nie.  God het tog elkeen van ons anders geskape.  Elkeen van ons het ‘n bepaalde doel en roeping in die lewe.  Elkeen van ons se lewens HET ‘n doel, spesiaal vir jou uitgesit, afgemeet en daargestel sodat ons in hierdie wêreld ‘n verskil kan maak.  Kan jy dink wat van ons sou geword het, as almal byvoorbeeld net baba-mense gewees het, of net mense-mense?  Daar is vreugde in verskeidenheid. 

Miskien moet ons almal op die punt kom, waar ons ander onvoorwaardelik kan aanvaar vir wie en wat hulle is.  Dat ons eerder op ander se sterk punte kan klem lê as op hulle swak punte.

Lekker dat vir julle.

 

 

8 Responses to Mense

  1. Adrie says:

    Ek is ‘n baba / kleutermens.

  2. Wipneus! says:

    Goeie stuk Pikkie!

    Ek is lief vir enige lewendige ding, solank hy my nie gaan byt nie (mense en kinders tel ook hieronder🙂 ).
    En ja, jy is reg, almal hou nie van alles nie, dit pla my nie, soos jyself sê ons is almal uniek. Ek waardeer eerder die eerlikheid om te sê jy is nie lief vir bv kinders of diere nie. Dan sal ek probeer om dit vir jou makliker te maak, of ‘n beter tyd kies, sou ek jou nooi vir ‘n kuiertjie. My gaste is altyd vir my baie belangrik en ek wil hê as hulle uitstap moet hulle sê: Jinne ek het nou lekker gekuier!

    (ek hoop jy voel vandag beter😆

  3. Dellie says:

    Ek is ‘n mens-mens. Ek sal kwyn soos ‘n potplant sonder water, as daar nie mense rondom my is nie.

    Ek hou ook van so bietjie alleen-tyd, maar asseblief net nie te veel nie!

  4. neykie says:

    Ek is iemand wat op sy tyd verkies om tussen mense te wees of dan helemal alleen

  5. Hoe gouer ons besef dat elke mens uniek is en ons daardie mens moet respekteer vir dit wat hy of sy is hoe beter

  6. Pikkelik says:

    Elke mens is anders, hier is nie ‘n regte of verkeerde antwoord nie, net anderste antwoorde. Ek is inhirent ‘n alleen mens. Ek hou daarvan om met tye saam met ander te wees, maar op ‘n punt voel dit of my brein gaan bars – dan moet ek alllllleeeeennn wees! Mynick en my kinders tel nie onder ander mense nie, dis my eie. By hulle kan ek ook alleen wees. Verder is ek ‘n kleuter en honde mens, en seker nog ‘n honderd ander waaraan ek nie nou kan dink nie.

  7. Vonnie says:

    Ek is inhirent ‘n eenkant-alleenmens. Moet mense baie goed ken voor ek uit my dop kruip en ontdooi. Dan is ek ook ‘n baba- en kleutermens by uitstek – hulle doen en late kan ‘n mens heeltemal laat vergeet van al die moedswilligheid en seermaak van ander mense (gelukkig val almal nie onder hierdie kategorie nie). Ek is ook ‘n natuur- en diere mens (in al sy fasette) – seker diè dat ek so lief is vir al die “diertjies” wat my daaglikse ruimte met my deel!

  8. sonkind says:

    Ek hou van mense, tot op ‘n punt, en dan moet hulle huis toe gaan. Ek is mal oor kleuters, hulle onskuld en nuuskierigheid oor alles, met hulle het ek die wêreld se geduld en sal myself terugleef in my eie kindertyd. Maar ook hulle moet ek na die tyd kan teruggee vir hulle ma’s. Verder is ek ‘n kat mens.

    Hierdie post van jou is werklik stof tot nadenke. Live and LET LIVE.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: