Is dit moontlik?!

Hospitaal sê dis infeksie – toe is dit ’n baba!

Ek lees hierdie berig http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2307130,00.html en ek wonder by myself, hoe de heng?

Die dame, mev Jenny Gouws, was klaarblyklik in die hospitaal opgeneem omdat sy ‘n blaasinfeksie gehad het.  Wat toe op die einde van die dag ‘n babatjie was wat besig was om gebore te word.  Volgens die berig het sy GLAD nie geweet sy is swanger nie.

Ek wil nou nie hoes, spoeg of skinder nie, maar dit klink vir my ongelooflik vergesog!  Sy is ‘n normale vrou, veertig jaar oud – ‘n relatief goeie ouderdom om nog kinders te hê – sy het al twee volwasse kinders, en sy WEET nie sy is swanger nie?   Ek weet nie van julle nie, maar ek het onmiddelik geweet ek is swanger!  Is so iets moontlik?

Ek sê glad nie ek trek haar woord in twyfel nie, maar jinne.  En dan die personeel by die hospitaal.  As sy blaasinfeksie gehad het, moes hulle seker haar urine getoets het?  Nee genade, hierdie storie slaan my dronk!!!!

 

9 Responses to Is dit moontlik?!

  1. Adrie says:

    Ek het ook nogal gewonder oor die storie. Dat sy nie geweet het dat sy verwag nie. Maar ja, vreemde goed het al gebeur.

  2. Wipneus! says:

    Pikkie hoe op aarde…….

    Maar dit is seker nie te sleg nie, jy weet nie eers jy is swanger nie, dis soos baba val uit die lug uit, tot in jou skoot!! Geen naarheid, geen geswelde voete, geen groot maag. Bliss!!!

  3. Dellie says:

    Nee, ek verstaan ook nie.😯

  4. neykie says:

    ;n vriendin van my se ouers ken die vrou

    Ek weet darem nie dis vir my biekie vergesog- eish

    klink onmoontlik vir my

  5. Von says:

    Wow, some people have all the luck! Jammer my Nagevolge kon my nie op so ‘n manier te beurt (uit)geval het nie. Het al daarvan gehoor – veral van baie obese vroue.

    Wonder wat dink hulle is die probleem wanneer hulle al hierdie “dermkanaal” bewegings voel? Ons weet mos nou almal die kleintjies hou van rek, strek, verstoot en vertrap. Moet baie, baie rustige soet babatjies wees wat van BAIE slaap hou. Laat my nou wonder oor windbestuiwing…..

  6. Roer says:

    Ek het my bedenkinge. Ek moet sê my 2de kind het minimaal beweeg en ek het dikwels baie bekommerd geraak, want met vergelyking met my 1ste kind, het ek gedink dis normaal dat ‘n baba jou ribbes moet afskop.

  7. Salomè says:

    Pikkelik
    Wil nou nie ‘n spanner in die worx wees nie, maar ek het op 4 maande eers geweet ek is swanger. Noem dit ignorance, oorwerk, dom onnosel of wat ookal maar toe ek gaan vir ‘n bloedtoets om my skildklier se werking te bepaal (was baaaie moeg) het die dokter my uitgelag en vir Liefie geluk gewens. Ek is 2 jaar ouer as jou dame. Blou-oog (ons 4de) is vandag 11 maande oud en ons ruil hom vir niks.

  8. Pikkelik says:

    Welkom Salomè, nee man geen spanner is ‘n probleem nie. Dis wat ek wil hê! Ek wil juis uitvind wat ander se sienings en ervarings is! Dankie vir die insette. Ek is self ‘n ouma-mamma, (hel wat anders moet ek dit noem), en dit is tog heel moontlik dat alle vrouens nie op dieselfde manier voel en reageer nie. Ek wil amper sê almal is nie ewe veel op hul liggame inge’tune’ nie. Dankie vir die inset! 🙂

  9. walalalalalal: en iets het “uithang”….seker die baba wat probeer wegkom!

    ek kan verstaan dat ‘n baba min skop. maar geen baba skop niks nie. as iets EEN keer in my maag skop sal ek onraad vermoed. sy moes beweging gevoel het. (tensy sy die swangerskap sielkundig onderdruk het). sy moes beweging gevoel het, die enigste wat jy nie bewing voel nie is as die baba gesterf het.

    na ses maande raak dinge woelig en groot. waar het sy gedink is haar period? en wat van die maag wat groter raak. nie almal raak baie groot nie, maar daar is verandering.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: