Koskoopkajalami!!!

Ek het al verskeie vroue op verskeie maniere gesien kos koop!  Ek praat nou van die groot koskoop so elke maand of twee.

Daar is die versigtige kopers – hulle lees elke boksie, blikkie en pakkie van voor tot agter, oorweeg elke aankoop se gesondheidsvoordele, oorweeg die prys, oorweeg die gewig en oorweeg dit dan einde ten laaste of die produk werklik nodig is.

Dan is daar die snobkopers – die mense wat kiertsregop neus in die lug na die pryse kyk, en die heel duurste item dan met sorgsame toewyding in die waentjie sit. 

Dan het ons ook te doen met die perfeksionistiese kopers – hulle oorweeg die inhoud, koop net die beste teen die beste pryse en pak dan elke ding presies op sy plek in die waentjie.

Dan kry jy die ekonomiese kopers – hulle waentjies is gevul met die grootste bokse, grootste sakke, blikke en grootste pakke, hulle koop vir ‘n armie, (wat de hel wil een gesin maak met 5kg hawermout?)

Die groen-kopers het gewoonlik net vars ‘organic’ produkte in die waentjie.  Jy sal ook nie die woord tartarasine of nagemaak êrens op hulle aankope sien nie!

En dan kry jy die uwe – eerstens gaan dit gepaard met intensiewe navorsing.  Ek lees eers die pamflette wat in die pos en koerante kom noukeurig deur.  Memoriseer winskopies, en dan memoriseer ek my shoppinglist.  Ek kies die winkel met die grootste gange.  Dis uiters belangrik, daar moet genoeg spasie wees om ‘n waentjie te manuvre soos Räikkönen sy F1 motor beheer.

By die winkel gekom, let wel, dit is na ten minste 50km in die motor, dan is die kinders alreeds kriewelrig, kies ek daai waentjies met die karstoeltjie bo-op gemonteer.  Ek gooi ‘n kombersie in (daai goed is vol onnoemlike dinge) en strap vir Poppedyn met ‘n rek-kontrapsie vas wat ek sommer self aanmekaar gestik het, want hulle bande is altyd te kort of te lank.  Dan volg ouboet, hy moet sommer binne-in sit.

Na die operasie kan ek begin shop.  Nou-wel ek het dit al tot ‘n kuns bemeester.  Die geheim lê daarin om dit so vinnig en akkuraat te doen, dat voordat die kinders hulle oë uitvee en vloermoere kan begin gooi, jy klaar is.

Voor ek aangaan – hoekom in die lewe is die groente en vrugte altyd en die eerste gangetjies gepak, mens kan dit nie eerste in die waentjie laai nie, ek wil nie vrugteslaai en sop koop nie, dammit, onnosel winkels. 

Maar laat ek aangaan, ek begin altyd aan die verste punt van die winkel te koop.  Dis in alle geval waar die lekkergoed en speelgoed is, so hoe vinniger ek dit agter die rug kan kry hoe beter.  Dan laat waai ek, met die winskopies en shoppinglist in my kop vlieg ek deur daai rakke asof my lewe daarvan afhang.  Jy kan letterlik die wind deur my ore hoor fluit!  As ek so driemeter van ‘n produk af is, scan ek al die pryse, by die rak gryp ek dit smyt dit in die waentjie en voor Ouboet nog kan moan oor die tioletpapier wat hom teen die kop getref het, is die volgende koeël al oppad.  Dit hou sommer vir Ouboet ook besig want hy moet regpak en sorg dat hy genoeg sitplek het.  Teen die tyd dat ek dan by die groente en vrugte kom, sit Ouboet al soos ‘n brandwag op sy uitkyktoring en klou vir al wat hy werd is. 

Daar is nog ‘n rede hoekom ek die vrugte vir laaste bêre.  Dis daardie bleddie lekkergoed by die betaalpunt!  Nou-ja met die groente en vrugte gekoop sit die kinders dan ewe rustig elkeen met ‘n piesang in die hand en recover van die tornado en bomskok.  Ek laai daai groceries met die spoed van lug uit daai waentjie uit.  Dit lyk soms of die kassier in ‘n windmeul verander soos sy gryp en scan, gryp en scan, maar voor jy wil-nou-wragtig-nie-meer-koop-nie kan sê swipe ek al my kredietkaart, teken en laat spaander kar toe.

Laai die kinders in, laai die kos in en voordat hulle mooi bygekom het is ons klaar, oppad huis toe! 

Dan wonder mense nog hoekom ek nie van shopping hou nie….

Hoe shop jy????

 

 

11 Responses to Koskoopkajalami!!!

  1. Wipneus! says:

    hie hie pikkie ek het op my vorige blog gesels oor hierdie pick and pay dag. Dit is vir my ‘n nagmerrie, dankie vir al die wenke 😀. Ek probeer nog dink onder watter koper ek geklassifiseer gaan word, ek val onder party van hierdie kopers, by Woolies is ek groen (ja, glo dit maar) , by Makro ekonomies (koop baie, dan is dit nie nodig om elke week die supermark te besoek nie?) as ek dieët miskien versigtig? Daaglikse kruideniers soos melk, brood, koeldranke ens betaal ek iemand gou ietsie om hierdie gunsie vir my te doen. Feit bly kruideniers koop is aaklig!! Maar jy is ‘n ware kruideniers koper!!!

  2. Lize Swarts says:

    Hallo!

    Ek het via my broer (Johan) se blog by joune uitgekom en wil jou maar net laat weet dat ek dit baie baie geniet!

    Jou inskrywings is humoristies, eerlik, plat-op-die-aarde en kleurvol! Ek check elke dag vir ‘n nuwe inskrywing🙂

  3. Marina says:

    Pikkie ek is ook so ‘n kayalami-koper …..en ek het nie eers meer babas nie……hoe gouer dit agter die rug is, hoe beter!!!!

  4. Adrie says:

    Ek is ‘n klas van my eie.

    Daar is twee maniere hoe ek goed in my huis kry.

    1. Baie kritiek hieroor al gekry. Ek gaan koop alles wat op special is by Fruit & Veg City en vleis waar daar iets interessant is. My kar se kattebak is groot, na die inkopie tog is dit vol. Ek gooi my aktetas en klere op die agterste sitplek, ry dan 400 km na my ma. Ek ruil dit dan vir die maand se gevriesde etes. Ek kry dan sommer beskuit, waspoeier, kruie, speserye en wat ek kan gaps.

    2. Stap Kies-en-betaal toe (of ry as ek haastig is). Vat ‘n mandjietrollie, sit die week se vrugte in, rolletjies vir die naweek, 1 l melk, 6 jogurtjies, alles wat klaar is en alles wat ek nie moet koop nie. (Daar is ‘n rede hoekom ek PnP toe stap – dan verdien ek mos ‘n bederfie).

    En voila!!!!

  5. boendoe says:

    Heiden, ek is skoon moeg na ek jou stuk gelees het! Jou arme, arme bloedjies! Ten minste kan hulle nou al goed koes vir vreemde vlieende voorwerpe, of hoe?!

    Maar ja, ek shop ook maar soos jy. Met spoed, met spoed! En die winkels behoort hulle te skaam dat hulle ma’s se siele so versondig met al die swieties en speelgoed wat so strategies uitgestal word. 😈

  6. Pikke,
    Daar maak jy nou vir my totaal ‘n ander wereld oop wat ek nie geweet het bestaan indien jy kinders het nie.
    Ek shop nie soos een van die hierbo nie, ek kyk vinnig na pryse (nooit na inhoud nie), maar sal iets vat as ek baie lus is daarvoor al is dit duur. Ek het net ‘n lysie as ek baie goed moet koop.
    Ons koop bietjies, bietjies. Ons het mossie kinders nie.
    Ek sal nooit met ‘n kind kan gaan shop nie dit sal tot wrede dinge ly..

  7. Pikkelik says:

    Wipneus, ek’s bly jy is so ‘n ekonomiese, betaal-iemand anders, groen koper… weird!!!
    Liza, welkom – kom maar weer terug na hierdie plat aarde toe.
    Marina en Boendoe, ek kan sien julle is ook getrain :mrgreen:
    A3, ja wat ons ken jou maar so anders…
    Rosatjie, gelukkige jy. Ek het ook al gewonder of Hitler se ma hom nie te veel saam gevat het om inkope te doen nie. Sy versteurdheid moet van iewers af kom… 😉

  8. sommergoed says:

    Ek shop vinniger as vinnig as die twee otterjassie saam is. Maar as ek alleen is wel dan wei ek. Ek hou van kyk en vat. Nuwe goed is my dood. Daar hoef net New of try this op die pakkie te staan en dit land in my trollie. Ek onthou iemand wat eendag saam met my geshop het, het skielik gestop en gese “jy kom vreeslik min uit ne?” O ek shop uit my kop uit wat beteken helfte van die goed word nie gekoop nie en die ander helfe is New of try this wat meerigmale nooit getry word nie en na baie maande nie meer new is nie.

  9. Dellie says:

    Hehe! Jy het nogal ‘n fyn waarnemings vermoë!😆

    Ek hou glad nie van shop nie. As ek kan, stuur ek vir Liefie elke dag of wat met ‘n lysie en hy gaan doen die shopping. Dis ekonomies, sien, hy ry anyway ten minste eenmaal ‘n dag vir ander besigheid by die supermark verby… en ek het mos klasse, sien?!:mrgreen:

    So ek skat dit maak my afstandbeheer shopper? Ek druk die regte knoppies, en iemand anders doen dit!😆

  10. Pikkelik says:

    Hallo Pippielangkous, medevrou met kinders, welkom en ek moet sê daai try this is ook my ondergang.
    Dellie, ‘n afstandbeheer shopper – wow, ek wil ook so een hê!

  11. Ja ek is ook iemand wat val vir “try this”. Ek sien nuwe goed geadverteer, veral kos (ek is mal vir kos) en dan wil ek proe hoe proe dit. Ek is erg nuuskierig

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: