Outisme

 

Hierdie week is Nasionale Outisme week.  Eintlik beteken dit vir die samelewing nie veel nie, nog ‘n siekteweek.  Maar wat is Outisme. 

Ek moet erken dat ek bitter min daarvan weet, maar vir ons as familie lê Outisme na aan die hart.  Mynick se sussie Agie se dogter Nicolene is ‘n Outisties.  Sy is al 16 jaar oud maar sy het die intellektuele vermoë van ‘n 4 jarige.  Sy het normaal ontwikkel tot op 1 en ‘n half jaar.  Agie het agtergekom daar is fout en haar van een spesialis na ‘n ander gevat. Eers het hulle gedink sy is doof maar haar gehoor was normaal.  Niemand het werklik geweet wat verkeerd is nie. 

Uiteindelik is sy gediagnoseer met Outisme.  Nicolene is ‘n dierbare meisiekind, sy praat ‘n paar woorde, trek self aan, versorg haarself met minimale hulp en eet self. Sy hou nie van aanraking nie.  As ons haar ‘n drukkie wil gee, sal ons net met ons wysvinger teen haar skouer druk.  Sy haat harde musiek, mense wat hard praat en ‘n lawaai.  Sy kon my kleintjies byvoorbeeld nie hanteer as hulle gehuil het nie.  Maar sy is nie dom of “vertraag” nie.  As iets haar interesseer kan sy vir ure daarmee besig wees.  Sy hou van lees (prentjies), is mal oor diere en sy is altyd vriendelik.  Sy ken my kinders en vra altyd na hul welstand.  Dis net asof daar ‘n deur toegegaan het tussen haar en die werklikheid.

http://www.kinderwerf.co.za/afrikaans/klets/viewtopic.php?t=309  Hier het ek baie insiggewende feite oor die onderwerp gekry, asook ouers se verhale.

Ek gaan tog eendag saam met Agie sit en haar storie neerskryf.  Want ons familie weet dat sy deur hel en terug is met haar meisiekind.

Vir Jou Agie…   Ons is trots op jou, baie lief vir jou, en julle is altyd in ons gebede.  Dankie dat jy ons Nicolene-kind met soveel liefde versorg.

9 Responses to Outisme

  1. Dellie says:

    My kennis van oudtisme is ook baie beperk. Tog snaaks dat ons nie belangstel in iets as dit ons nie baie naby raak nie. Maar so deur die blogs heen, leer ons almal elke dag ietsie by. Ek dink dis wonderlik.

  2. Zee says:

    Pikkelik, ek dink hierdie kindertjies is onse Heer se “engeltjies”

  3. Adrie says:

    Ek het nog net oor Outisme gelees. Dit is deesdae orals. Dit was selfs op Oprah nou die dag (die ad gesien) en ek dink dit was op Noeleen ook (2 minute lank gekyk). Ek dink mense raak meer en meer bewus daarvan.

  4. Wipneus! says:

    Pikkie ek dink Agie het baie reggekry met Nicolene. Ek lei dit af van jou skrywe, en die bietjie wat ek van outisme weet.

  5. Dis so waar wat Dellie se, ons stel nie belang as dit ons nie raak nie, maar in die blogs leer ons by mekaar.
    Outisme is kompleks, sommige kinders lei eerder aan Aspinger-sindroom, wat nie so erg is nie en dieselfde simptome het. Dis moeilik om so kind te verstaan, omdat hulle so sukkel om emosie te toon. daar is ‘n vereniging in SA wat ouers bystaan.

    http://www.autismsouthafrica.org/

  6. Anneke Becker says:

    Ken julle glyconutrients? dit stel siek selle instaat om hul self te genees. Vanessa van Pta se seun het binne 10 dae sy Ritelin gelos, hy is nou nog baie besig, maar van outisme is geen sprake meer nie. Dit het tot vir downsindroom dogter gehelp. Sy is nou die jaar univ toe. Kyk gerus Kyk asb ook na volgende webbladsye:

    http://www.livingsugars.com/stories.htm
    Dis nou in SA geregistreer.

    Vanessa {ook van Pta] se seun het nie meer Ritelin gebruik vir outisme na 10 dae nie!!

    Kontak my gerus!! Dit is onnodig om saam met julle kinders swaar te kry nie. Annkeke 0832915348

  7. Niks kan vir Down’s help nie, dit is ‘n chromosoom-abnormaliteit!

    Glukonutriente is ‘n foefie, daar is nie iets soos agt essiensiele suikers nie. (daar is net essiensiele vetsure).
    Die mense wat die goed maak in die VSA is op 40 aanklagtes van bedrog, onder meer vals advertensies hof toe omdat hulle beweer hulle valse bewerings oor hul produk gedoen het.

    Om ‘n kind van Ritalin af te haal is kindermishandeling.

    Outisme is net so komplekse genetiese siekte. ‘n Klomp glukose gaan dit nie verander nie.

    In 14 jaar is is hierdie middel nooit klinies getoets nie. Dit is uiters duur en gee mense valse hoop.

    Gaan na http://www.dieburger.com
    tik mannatech op die argiewe en lees die storie van die twak daar.

  8. http://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/2007/08/30/SK/10/ebmanna.html

    Daar is nie ‘n Nobelprys gewen vir die goed nie, soos wat Annecke se inskrywing beweer. Hulle het die werk van Nobelwenners gesteel.

  9. Pikkelik says:

    Anneke Bekker – Baie dankie vir die goedbedoelde raad.
    Rosie – Weereens dankie. Dis lekker om ‘n nugter oopkop saamgeselser te hê! (Ek dink jy het ons baie rande, tyd en teleurstelling gespaar.)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: