Sal jy dit drink?

Kyk na die foto, dis nie bier nie, dis nie Cyder nie, dis ook nie appelsap nie.  Dit is ons munisipale WATER!!!!

Nou vra ek jou, sal jy dit drink?  Na sewe oproepe vanoggend is die enigste antwoord wat ek kan kry uit ons Munisipaliteit dat dit “Safe” is.  Veilig waarvoor?…  Vir visse om in te paar?

Elke keer as dit in die dorp gereën het lyk ons water so!  Wie is verantwoordelik hiervoor, waar kan ek antwoorde kry?  Nee magtig dit kan nie so aangaan nie!  Ek gaan hierdie water vandag instuur na die WNNR en ek gaan dat hulle dit analiseer want geen mens kan so aangaan nie. 

Hoeveel keer was ons al vir drie of vier dae totaal sonder water.  Einde verlede jaar het hulle ‘n nuwe pyplyn ingesit en ek moet erken dit gaan nou beter.  Maar dit is nog nie reg nie.  Die vrou wat vir my werk bly in Kwatendeka, sy sê dat as sy nie ses uur in die oggend water tap nie, kry hulle nie water nie.  Die nuwe Hoërskool wat ‘n paar jaar terug in Kwatendeka gebou is het nog nooit water gehad nie, die skool is te hoog gebou en die waterdruk is nie sterk genoeg om tot daar te kom nie.

Sal jy skoon voel as jy uit so ‘n bad water geklim het? 

Hierdie mense het nou hierdie baster-rooikop te ver gedryf, dit is nou oorlog!  Vir lank genoeg het ek maar net teruggesit en gehoop dit word beter.  Genoeg is genoeg!

6 Responses to Sal jy dit drink?

  1. Dellie says:

    Ek weet presies wat jy bedoel! Jy moet soms sien hoe lyk ONS water… om van die reuk nie te praat nie. Ek is nou al so gewoond daaraan om water te koop, want ek glo g’n niks daai storie dat die water veilig is om te drink nie.

  2. nee wat, so dors was ek nog nie! Ek kan jou ‘n brief gee dat daar tien teen een niks fout sal wees met die water nie, maar mens wil dit nie drink as dit so lyk nie en nog minder daarin bad of kosmaak.

  3. meermin says:

    Siesa!! Nee wat ek koop al lank al water, so nie smyt ek water in daai ding met al die baie klippies om dit te suiwer! Ek sal vuil voel as ek uit daai bad water moet klim, mens sal skoner wees en ruik as jy daar inklim as wat jy gaan wees as jy daar uitklim!

  4. Wipneus! says:

    Eish Pikkie dis nie ‘n mooi prentjie! Jy sal ‘n watersuiweraar moet koop, want hulle steur hulle in elk geval niks aan ons gekla nie. Dê kry vir jou ‘n glasie riool water! Waar gaan alles eindig.
    Geen elektrisiteit, geen ordentlike water. Ek koop ook gebottelde water maar mens moet tog bad, en ek wil skoon wees as ek uit die bad klim! Mens sal siektes kry!

  5. Nico says:

    Ai-jai-jai!

    Pikkelik, dis nie ‘n mooi glas water nie maar daar kom vandag nie water uit my se kraan uit nie, so ek sal met liefde daai water vat om darem te kan spoel…😉

    LOL. Hoop dit lyk more beter.

  6. boendoe says:

    Hahahahahaha!!!!
    Welkom by die klub, Pikkie! DIS hoe ons water meeste van die tyd lyk. Ja, ons drink daai water! Soms, as ons aktief is, sal ons dit eers kook, maar andersins gooi ons dit in bottels en wag dat die sediment afsak. Gelukkig het ons nog nie gedooi daarvan nie! En daai badwater! Kry julle s’n ook so skuim op as dit vir ‘n rukkie gestaan het?? Dit laat my hare bietjie snaaks voel, maar ek glo ek kom skoon uit! 🙄

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: