Sit haar in die hok!

img155.jpg

Ons het vir Ouboet goed voorberei op sy sussie se koms, hom saamgeneem met die sonars, hy’t gevoel as sy skop, hy het saam gaan klere koop en wat nog alles.

Ons het egter nagelaat om vir hom te vertel dat babatjies huil, en in Poppedyn se geval, baie-baie huil! 

So kom dit toe dat hy in die hospitaal elke keer weghardloop as sy huil!  Tot konsternasie van Pa, Ouma, Oupa en die personeel wat elke keer soos wafferse naellopers agter die vetgesmeerde blits moes aanhardloop!

Na baie verduidelikings verstaan hy toe darem dat dit regtig nie sy skuld is as sy huil nie, en dat dit orraait is vir babas om te huil.  Hy het natuurlik nog gesoek vir die knoppie om die lawaai af te sit, maar dit daargelaat.

Ek was in ‘n hospitaal 240km van die huis af, met die gevolg dat die res van die gesin toe maar in die tussentyd by ‘n vakansie-oord tuisgegaan het, om nader aan die hospitaal te wees.  Toe ek en Poppedyn kon huistoe gaan was dit dus weer ‘n hele uittog.  Eers het Mynick sy goed en Ouboet se goed in die motor gelaai en toe sommer so op die pad vir my en Poppedyn by die hospitaal opgelaai.  En vir ‘n verandering het sy nie gehuil nie.  Ouboet is toe nou vreeslik trots want sy karstoeltjie is op die voorste sitplek langs Pa en ma en sussie sit toe agter.  Op pad stop ons sommer by die Wimpy vir middagete en Ouboet smile van oor tot oor.  Daar weggetrek begin Poppedyn toe mos moeilik raak.  Niks wat ons doen help nie en die laaste 100km huistoe was ‘n nagmerrie.

Moedeloos nader ons toe die huis.  Ek gryp my meisiekind en maak vir die kamer, ‘n bekommerde pappa agterna en Ouboet ook in sleeptou. 

Nou is seker ‘n goeie tyd om te sê dat ons bababed ‘n erfstuk is.  Dis nog een van daai bedjies met die klap wat oorslaan, met die skarniere aan die onderkant.

In die kamer storm Ouboet op die bababed af, toets hom, gee sy sussie ‘n kyk… gee die bed ‘n kyk… en skree toe uit volle bors, (om bokant haar gehuil gehoor te word), “Sit haar in die hok…  Sluit haar toe…  In die hok!”

Nodeloos om te sê ek en Mynick het gelê soos ons lag.  Vandag is hy en sy Sussie groot vriende, behalwe as ek moet foto’s neem. 

Ons kinders is kosbaar!

5 Responses to Sit haar in die hok!

  1. Adrie says:

    😆

    Ek gaan joune kom steel.

  2. Pikkelik says:

    Se gat, my goed is my goed en met my kinders sukkel jy nie, ek sit die mafia op jou… 🙂

  3. Adrie says:

    W-A-T??

    Ek kom met my blog dan sien jy net Mafia lede hardloop.

  4. Roer says:

    CUTE! Mal daaroor. Baie snaaks.😀

  5. Von says:

    Yes, hoe rats kan die goedjies ‘n mens nie maak nie! Jy moet saam met hulle oor die bed duik, dis makliker as om om te hardloop. Die drie dogtertjies in my lewe hou my duik-oefeninge op datum – boepens en al!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: