Energie besparende Gloeilampe!

philips-11w-energy-saving-stick-bulb.jpg

Ek kan nie glo dat ek altyd in hierdie posisies beland nie…  Ek dink Murphy’s law het ‘n permanente intrekker in my gewelhuis geword.

Nou die dag herinner Moeder my daaraan om tog maar van hierdie fancy gloeilampe wat nou so baie krag spaar te kry en my ou bubblelampies maar uit te faseer.  Nouwel, met my trippie Ermelo toe, staan dit toe sommer so derde van bo af op my lysie.  Ek het ook mooi uitgewerk.  Ek moet 23 koop sewe inskroef en 16 van die bajonettipe.  En omdat ek nou ‘n baie spaarsamige mens is en omdat my hele budget in sy glory in is met die fotosessie, besluit ek toe om maar die gloeilampies te vervang soos die ander lepel in die dak steek.  Ek koop toe net ses om mee te begin

So gebeur dit toe dat die badkamer se lig gisteroggend die gees gee.  Erg opgewonde kyk ek toe hoe Mynick die bubbletjie vervang met die besparende lampie!  Maar die bleddie ding wil nie pas nie.  Sy bajonet pennetjies is nie op dieselfde plekke as wat my fitting se gaatjies is nie!  Die tweede een pas ook nie en ook nie die derde een nie, die vierde een het die trick gedoen. 

En hier begin die moeilikheid:  Gisteraand wil ek vir Poppedyn gaan bad en ek sit die lig aan en niks gebeur nie.  Mynick sê die goedjies vat ‘n rukkie om warm te word.  En ek time hom.  Twee minute later sien ek ‘n flou geel liggie, soos een verjaarsdagkoek kersie, nog ‘n minuut later het ek darem as so 5 verjaarsdagkoek kersies. En ek wag en ek wag, ek dog toe later maar dis hoe hy maar gaan lyk en skielik kom daar ‘n wit liggie deur, soos ‘n flits met ou batterye en ek wag toe nog ‘n bietjie.  En nog ‘n bietjie…  En nog ‘n bietjie…

En voilla!  Agt minute nege en dertig sekondes later het ek lig.  Helder wit elektriese lig!  O die vreugde! 

Miskien het dit iets te doen met ou huise, ek het nie ‘n idee nie, ek weet net daai lig is vervang met my dierbare ou bubbletjie wat met die trek van ‘n toutjie (Jip, ons trek nog toutjies) vir my lig gee!

Liewe Eskrom,

Ek het probeer spaar, ek het daai oulike lampies gekoop, dit trek werklik te veel van my persoonlike energie. So as julle weer hierlangs kom, kan julle dit maar kom haal, gratis en verniet, ek gee dit vir julle!  Miskien kan julle dit soos kransies bokant julle koppe monteer en miskien kan julle dan met nog bright idees vorendag kom.

Die uwe 

3 Responses to Energie besparende Gloeilampe!

  1. Adrie says:

    Pikkie

    Iets is nie baie lekker nie. Ek gebruik ook die lampies, maar het nog nie gesukkel nie.

  2. Wipneus! says:

    Ha ha, Pikkie hoe kan mens nou huishou met verjaarsdag kesies. Ek is mal oor ou huise!

  3. boendoe says:

    O Heiden! Dis die eerste keer dat ek hoor die goedjies moet eers warm word voor hulle werk. Seker ‘n vrou wat die goed ontdek het… 😛

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: