Oor kamera’s en films, II!

UPDATE

 Dis nou 12h55 en ek kry nog steeds nie my foto’s ge-upload nie.  Nee magtig ek gee nou oor.  My refcounter gaan dit nie maak nie!   Gaan nou eers vir my slaptjips maak en Coke ingooi!  Sal maar weer vanag probeer….

———————–

Nou kyk in hierdie huis is ek die happy-snappy een.  Daarom vat ek volle verantwoordelikheid van vir wat gister gebeur het. 

Dit het alles begin toe Dellie ‘n nuwe speelding gekry het.  Ons het almal ge-oe en ge -aa oor die oulike dingetjie.  Ek noem toe dat ek nege films het wat ontwikkel moet word.  En daar, net daar begin die moeilikheid.  Troufoto Karel wys my toe so ewe daarop dat daai films dalk nie sal uitkom nie, en daar stres ek!  Ek stres soos net ‘n ma kan stres wat weet haar hanslammetjies se eerste tandjies en glimlaggies is op daardie foto’s! 

Gister moes ek toe nou Ermelo toe.  Opsigself ‘n nagmerrie sending.  Maar ek is gewapen met my nege films!  Toe ek dit dorp inkom stop ek sommer onmiddelik by die Photo Studio en gee eers my kosbare stukkies goud in.  Dit gedoen gaan doen ek toe so ‘n paar inkopies en net so voor middagete, (ek moes hulle darem langer as ‘n uur kans gee, dis nege bleddie films) gaan ek toe terug. 

Dit jong meisie agter die toonbank ruk toe haar sompompie daar uit en ek sien haar vingertjies fladder daar oor die toetsies.  Maar ek is nie bekommerd nie, dit is mos baie films.  Sy trek toe ‘n boksie daar onder die toonbank uit en gee vir my my foto’s en ek smile.  En toe trek daar vingertjies weer oor daai sompompie se toetsies en sy frons, en ek begin bekommerd raak…

‘Auntie Janette…’, roep sy toe die bestuurderes nader, en nou raak ek rerig bekommerd want die twee beraadslaag toe daar oor die sompompie en nou is dit twee pare vingers wat oor die toetsies vlieg!  En net toe my hart wou gaan staan besluit  ‘Auntie Janette’ toe darem om my direk aan te spreek.  En ek verwag die skok van my lewe…..   en sy sê sag, baie sag “Dit sal R534.00 wees mevrou!”  en sy staan sommer so ‘n treetjie terug. 

En ek smile van oor tot oor!  Ek is oortuig daarvan sy het gedink ek is mal, maar sy het nie besef dat ek my gereed gemaak het vir ten minste R800.00 nie.  Gelukkig het ‘n wonderlike man. 

Ek besef egter dat dit baie-baie geld is, en ek het gister vir ons ‘n digitale kamera gaan koop.  Net jammer die verkoopspersoneel het nie vir my gesê die batterye hou net vir 6 foto’s nie. 

Maar dis ‘n ander storie…

8 Responses to Oor kamera’s en films, II!

  1. Adrie says:

    Uiteindelik.

    Tip met ‘n digitale kamera – koop herlaaibare baterye met ‘n charger. Dit kos omtrent R150 en hou langer as 6 fotos. Ek neem gewoonlik ‘n 100 + fotos op gedag en die batterye hou ‘n paar dae.

    Een groot voordeel van digitale kameras, mens betaal nie deur jou ore vir ontwikkeling nie.

  2. Zee says:

    Pikkelik, presies hoekom ons nou die fancy digitale kameras moet hê. Geen mens kan beskostig om vir film ontwikkeling meer te betaal nie.

    Het al jou stukkies goud toe darem uitgekom?

  3. Dellie says:

    Sjoe, ek het ook verwag dat jy meer sou betaal vir 9 films… ek sal moet plan maak hierdie week met myne.

    Hmmm, ‘n nuwe speelding vir jou ook? Lekker! En ja, kry maar daai ekstra batterye en ‘n charger.

  4. boendoe says:

    Sjoe! Dis flippen baie geld! Ek het jare laas ‘n film laat ontwikkel, en ek het nie meer ‘n idee hoeveel ontwikkeling kos nie.

    Ons digitale kamera is gesteel, sal ook weer ‘n nuwe moet aanskaf. Dis darem een van die wonderlikste uitvindsels ooit!

  5. Wipneus! says:

    Ons gaan nou mooi foto’s op hierdie blog sien, geluk met jou aankoop Pikkie! Mag jy en jou speelding jare gelukkig saam deurbring!!! Alhoewel vandag is ‘n kamera ook net nuut en goed as hy nie meer as ‘n jaar oud is nie. Tegnologie beweeg net te vinnig vir my beursie!

  6. Adrie says:

    Wipneus

    Wees bly jy het jou eie beursie.

  7. Wipneus! says:

    ha ha Adrie ek het my beursie en teddiebeer sin ook, wil julle tips hê, hoe vrouens 2 beursies het??? Het ek al genoem hoe goed is ek met hierdie toertjie.

  8. Dellie says:

    Pikkie – gaan loer gou bietjie hier: http://diegestorwesoldaat.wordpress.com/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: