Dit laat my slaap!

Die ou tannie, kom ons sê haar naam is Tannie Rosie kom by die dokter se spreekkamer aan.  Daar hoor sy dat Oudok afgetree het en dat sy nou by Jongdok moet ingaan.

Sy is nie baie gelukkig met die kwakkie nie, maar moet, moet sy want haar voorskrifmedisyne is klaar.

Jongdok doen toe ook soos dit ‘n ordentlike arts betaam en ondersoek haar eers van kop tot tone.  Hy kom toe by die lysie voorskrifmeds en lees dit een vir een deur.

“Hierdie is vir die bloeddruk tannie, en hierdie is die waterpilletjie en die een is vir die rumatiek en hierdie een is vir die ou hart, en hierdie een…..”  Lang stilte.

“Uhum Tannie, sê my, Tannie is mos ‘n weduwee?”

Tannie:  “Natuurlik dokter.”

Dokter:  “En u bly alleen Tannie?”

Tannie:  “Nee dokter ek bly by my dogter en haar kinders.”

Dokter:  “Askies Tannie, maar ek moet vra, slaap u nog saam met iemand?”

Tannie:  “Magtig mannetjie, ek sê mos my man is dood, met wie sal ek nou saamslaap?”

Dokter:  “Jammer Tannie, dan moet hier ‘n fout met die voorskrif wees, want ek sien hier is ‘n voorbehoedpilletjie by Tannie se kroniese medikasie.”

Tannie:  “Nee Dokkie, dis heeltemal reg, daai pilletjie laat my slaap in die nag.”

Dokter:  ” Maar Tannie, Dit het absoluut geen kalmerende uitwerking nie, dit kan jou nie lomerig maak nie!”

Tannie: “Dokkie, jy verstaan nou verkeerd, ek gooi daai pilletjie elke oggend in my kleindogter se koffietjie en dan slaap ek elke aand soos ‘n babatjie! 🙂

Voetnota:    Wat die Franky storie aanbetref net dit.  Dit stop hier.  Ek gaan niks verder daaroor sê nie.  Enige ding moet iewers ‘n einde kry, en ek kies om hom nie te antwoord nie.  Ek hou nogal van hom, hy laat my baie aan Ouboet dink, Ouboet is oor 13 dae 4 jaar oud.

4 Responses to Dit laat my slaap!

  1. Wipneus! says:

    Ek het jou grappie geniet, maar maak niks uit van die Franky storie nie, praat jy van Frankenstein of wat????

  2. Dellie says:

    Lol @ Frankie comment! Amper 4! Whahaha!😆

  3. boendoe says:

    Nee wag, nou moet ek eers gaan snuffel en kyk wat is die Franky storie. Ek pes dit om nie te weet wat aangaan nie. Ek neem aan ons praat van die berugte Frank(y)??

  4. boendoe says:

    Okei, ek het agter die kap van die byl gekom. Ja, ek hou ook van hom. Soos jy se, klein seuntjies is dierbare goedjies.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: