Wanneer MA’S vir hulle kinders bid

Een van die boeke wat ek tans besig is om te lees, is die boek van Stormie Omartian “Wanneer MA’S vir hulle kinders bid” 

Die boek is baie eenvoudig en sistematies uitgelê.  ‘n Hoofstuk vir elke gebed.

Bv:  Hoe om ouers te eer en weerspannigheid te weerstaan

        Hoe om Godvresende vriende en rolmodelle aan te trek

        Hoe om die persoon te wees wat God geskep het.

Elke hoofstuk begin met ‘n kort verduideliking en dan ‘n voorbeeld (Meestal van haar en haar eie kinders), dan volg ‘n gebed en dan die wapenrusting of te wel, die teksgedeeltes waarop sy die hoofstuk baseer.

Wat my egter pla is dat dit werklik naief is.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo absoluut in die krag van gebed, maar ek glo ook dat jy nie kan bid, terugsit en glo alles gaan in jou skoot val nie. 

Sy sê:  “Ek ken ‘n moeder en vader wat ‘n moeilike vyandelike vesting van alkohol, dwelms, weerspannigheid en okkultisme in hulle sestienjarige seun weerstaan het deur Christelike aanbiddingsliedere en die Woord van God op band in sy kamer te speel terwyl hy in die skool was.  Sy weerspannigheid is uiteindelik verbreek en hy het ‘n rustige Godvresende persoon geword.”    

My vraag is dan, as dit dan so eenvoudig was, hoekom het soveel Godvresende ouers dan sulke moeilike kinders?  So sê sy ook dat jy jou kinders uit depressie uit kan bid.  My vraag:  Hoekom ly soveel predikante dan aan depressie?

Baie van wat sy sê is waar en ek stem volmondig saam dit is net vir my asof sy dinge totaal vereenvoudig.

Ouers en ander leierfigure in kinders se lewens MOET vir hulle bid, maar ons moet hulle ook onderrig, vermaan, ‘n voorbeeld stel, hulle dissiplineer en hulle beskerm.

Jy kan tog nie bid, terugsit, en dan sê, what will be, will be, nie. 

Bid ja, maar wees aktief deel van jou kind se daaglikse bestaan.

9 Responses to Wanneer MA’S vir hulle kinders bid

  1. boendoe says:

    Ja, Pikkelik, ek stem saam. Stel ‘n voorbeeld, vermaan, ens., maar hier van 16, 17 jaar moet mens VERAL hard bid. Jou invloed as ouer is minder en soms is mens raadop. Al wat jy dan kan doen, is BID.

  2. Adrie says:

    Die hele redenasie laat my dink aan ‘n storie wat ek eendag gehoor het. Ek kan nie meer alles onthou nie, maar dit gaan oor ‘n daklose meisie wat honger was. Die stuk was uit haar oogpunt geskryf. Sy vertel hoe almal vir haar gebid het en dat dit haar niks gehelp het nie. Niemand wat vir haar gebid het, het vir haar brood gegee nie. Sy het brood nodig gehad en nie gebede. Die hele storie het daarop neergekom dat jy moet bid en help.

  3. sonkind says:

    My ouma het altyd gesê: “Die Here help diegene wat hulself help.” Ek het altyd gedink dis darem bietjie kras, maar ek dink ek verstaan vandag wat sy eintlik bedoel het. Ons kan nie net op God se rug ry en dink as ons bid sal alles in ons skoot val nie. Ons moet bid, maar ons moet DOEN ook.

    My ma sê vandag nog: “Julle kinders hou my op my knieë, en noudat daar kleinkinders by is, hou dit my ekstra lank op my knieë.”🙂

  4. attie says:

    Ek is ‘n klein bietjie ongemaklik met sulke eenvoudige oplossings. Ek vra ook maar wat van baie toegewyde Christene se gebede vir hulle kinders wat dikwels baie trane huil oor hulle kinders se mannewales. Ek dink maar aan my eie kind wat my lang trane en baie slapelose nagte gekos het. Vandag bid ek nie minder vir my ander drie kinders, maar ek praat baie meer met hulle en is baie meer betrokke in hulle lewe – onder andere om seker te maak dat ek nie gdosdiens in hulle hele afdruk nie. Ek dink: Bid asof alles van God afhang en dan werk en doen jy asof alles van jou afhang.

  5. Wipneus! says:

    Hi Pikkelik,
    Ek ken baie sulke mense, hulle glo so kinderlik in gebed, en dan sit en wag hulle, ek wonder altyd of hulle dink die goed gaan “splat” hier voor hulle neer val. Ek het ‘n haastige persoonlikheid ek sal bid en vra, maar dan spring ek sommer self aan die werk en organiseer alles en almal, ek maak mos God se werk dan minder?…. Gelukkig het God ‘n humorsin ek dink party dae skud hy net sy kop vir my…..
    Lekker lees

  6. Pikkelik says:

    Wipneus, dit maak twee van ons…. Ek kan ook nie bietjie wag nie.

  7. vonnie310 says:

    Hallo Piks!

    As die kuikens klein is bid jy, lei jy en leer jy. As hulle groot is, bid jy eers! Dan is hul uit jou hande, gesigsveld en opvoeding en kan jy net vertrou dat jou gebede en hul opvoeding hul sal deurdra.

    Lief julle!

  8. Roer says:

    Tjaaa… Ek stem in ‘n mate saam. Veral soos iemand hierbo gesê het ‘God help die wat hulself help’ of so iets, MAAR ek glo in ‘spiritual warfare’ en as sulks in die krag van gebed en sal dit nooit onderskat nie. Daar is baie dinge wat gebed kan beinvloed bv. die storie van ‘n egpaar wat toe hulle seun eers groot was tot bekering gekom het en baie vir hom gebid het. Nogsteeds het dit nie gehelp nie en hy het ‘n dwelmverslaafde geword. Ds het vir hulle kom beraad en bid en toe uitgevind hulle het baie gedobbel in hulle jonger dae. ‘n Groot skildery is met die dobbelgeld gekoop en die het nog in hulle huis gehang. DIT en ander dinge het hul lewens negatief beinvloed en dit moes eers ge’breek’ word deur o.a. gebed en om ontslae te raak van die tipe goed. Hulle seun is eventueel gered, maar dit was ‘n proses. Ons eie dade en besluite is soms wat gebed blok en daarom is self-ondersoek baie belangrik. MAAR WAG! Nou preek ek sommer vir myself ook. Mooi bly.
    NS Terloops, ek het ook daai boeke en die een waar jy vir jou man kan bid. Probeer dit saam met ‘n klomp vriendinne. Een hoofstuk per week. Jy en jou gesin kan net voordeel daaruit trek (dink ek in my beskeie ou opinietjie).😉

  9. Elana de Kock says:

    Help my asb? My dogtertjie (9) gee vir ‘n maatjie ‘n armband met die wapenrusting aan. Ek is opsoek na ‘n kinder vriendelike verduideliking van die wapenrusting wat ons saam kan gee. Kan iemand my asseblief help? Baie dankie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: