NIKS = IETS

nothing-black.jpg

Ouboet sê gister, sy hartjie is baie seer want hy het niks!  My logiese vraag was toe, ‘Niks wat?’  ‘Niks maatjies!’ Met ander woorde, niks is eintlik maatjies.

Al ooit so daaraan gedink?

Niks moet iets wees om niks te wees!

Voorbeeld:

Ek het niks om te eet nie – maar eintlik is niks kos.

Ek het niks om aan te trek nie – niks is dan mos klere.

Niks help om my gesond te kry nie – niks is dan medisyne.

Daar was niks op die rakke nie – niks wat?

Ek het niks om voor te lewe nie – daar is nie iets of iemand wat waarde aan my lewe gee nie.

Wat ek eintlik wil sê is dat niks die afwesigheid van iets moet wees.

En eintlik is niks in die meeste gevalle net ‘n gewaarwording of ‘n gedagte, ‘n behoefte aan iets.

En daarmee dan:  Ek het niks om vandag te sê nie!

12 Responses to NIKS = IETS

  1. Adrie says:

    Dan sal ek ook maar niks se nie.

    He He. Dit is ‘n interessante denke, niks bestaan dus nie.

  2. Dellie says:

    Ek wou iets gesê het, maar jy het mos niks gesê nie?😆

  3. Jaco says:

    Eish! I are confused. :LOL:

  4. boendoe says:

    Nee, flip, niks bestaan! Vandag soek almal by my geld, en ek het wraggies NIKS! 😛

  5. Marina says:

    Wat van die mense met “niks tussen die ore nie”
    (ek DINK ek is MOOI…..eish met NIKS tussen die ore nie…)

  6. Pikkelik says:

    Boendoe, dan is niks mos die afwesigheid van geld!
    Marina, daai niks tussen die ore noem ‘n mens ‘n lugleegte.

  7. Pikkelik says:

    Marina, ek’s mal oor jou balletvoetjies….

  8. boendoe says:

    Ek weet net nie of ek ooit daai plek waar die geld moet wees, kan volmaak nie. Daar is alewig NIKS. *snik*

  9. Pikkelik says:

    ‘Ek sal vir jou bietjie geldjies ‘post’ hoor…

  10. mnr.muller says:

    Dis die dubbelgeaardheid van niks.

    Aanvanklik het dit groot konsternasie by die Arabiere veroorsaak wat die getal 0 uitgedink het. Dit was vrek nuttig, maar die filosowe van die tyd het gedink dit kom van die duiwel, want tog seersekerlik verteenwoordig die blote getal ‘n onversoenbare paradoks: 0 is ‘n simbool, ‘n iets, maar tog per definisie die afwesigheid van iets.

    As ‘n mens jou gedagtestroom verder voer, dan raak die volgende sommetjie interessant:

    0 x 0 = ?

    Want as jy geen keer niks het nie, dan behoort die antwoord tog soos volg te wees:

    0 x 0 = a, waar a enige “iets” is.

    So ‘n definisie maak groot marakkas in die wiskunde-wêreld, want eintlik is jy dan besig om ‘n “onsekerheidsbeginsel” by die wiskunde in te werk en so ‘n nuwe getallestelsel te skep.

    Beskou telgetelle: 1, 2, 3, 4…
    Toe 0 as getal gedefinieer is, het ons ‘n nuwe getallestelsel, natuurlike getalle: 0, 1, 2, 3… ontwikkel.
    Met die toevoeging tot iets NOG meer abstraks, -2, -1, 0, 1, 2… het ons heelgetalle gekry.
    Toe rasionale (breuke) en irrasionale getalle (oneindige breuke), reële getalle (als wat ons ken) en komplekse getalle (waar die vierkantswortel van -9 gelyk is aan 3i).

    Deur 0 x 0 = a, waar a = enige komplekse getal of versameling komplekse getalle, of polinoom (DWS enigiets – ook NUL), definieer ons ‘n nuwe getallestelsel, kom ons noem dit maar die Altemit getallestelsel.

    Wat dit natuurlik tot gevolg sal hê, is dat deling deur 0 wel toelaatbaar sal word.

    Vantevore kon ‘n mens nie sê 0 x 0 = 5 nie; dis hoekom jy nie 5 deur 0 kon deel nie, want 5/0 is betekenisloos…

    Uiteindelik sou ‘n mens so ver kon gaan as om te sê dat 0 x 0 die definisie van wiskunde is: die afwesigheid van niks –> impliseer die skep van iets.

    Dalk is selfs ‘n klein godjie in hierdie taal-wiskunde dubbelgeaardheid opgesluit!🙂

    …sorry vir die laaaang comment😉

  11. Pikkelik says:

    Thanx Mnr, sien julle ander nou, wiskundig uitgelê: Niks is Iets anders was niks niks…

  12. Sonder nul sou ons lewe niks gewees het nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: