Smallest Girl

UPDATE

 

smallest31.gifsmallest1.gifsmal1

Ek kry nou-nou hierdie by die posduif.  Blykbaar is die dogtertjie 4 jaar oud. Daar moet seker een of ander mediese verduideliking wees.  Miskien kan iemand ‘n verklaring gee.  Dis ongelooflik!  Eintlik hartseer want ek wonder of so ‘n kind baie oud kan word?

 UPDATE

Mynick sê nou vir my, en nou onthou ek ook, daar was jare terug so ‘n Suid Afrikaanse seuntjie ook.  Sy naam was Fransie, en sy van Grindling of Greyling (ons geheue laat ons in die steek), onthou julle.  Ek dink dit was “oumenssiekte”. Weet nie wats die Mediese term?  Kan dit dieselfde wees????

14 Responses to Smallest Girl

  1. boendoe says:

    Moeder! ‘n Lewendige slaappoppie! (Maar ek stem saam, die dingetjie het seker een of ander sindroom.) Ek kan my verkyk aan daai gevreetjie. Kyk hoe blink die ogies!

  2. Adrie says:

    Pikkie

    Weet jy, ek verbeel my ek het al ‘n artikel oor haar gelees. Ek het ook al ‘n epos gekry wat se sy is 22, maar ek het dit verwerp as bog.

    Sy het een of ander afwyking en sal waarskynlik nie lank lewe nie.

    Posduif – He He He, by dit is nie net ons wat so daarvan praat nie.

  3. Adrie says:

    Boendoe

    Sy lyk soos ‘n porselein pop.

  4. Dellie says:

    Jinne, sy lyk omtrent “unreal”, nes ‘n poppie!

  5. meermin says:

    Die dingetjie lyk dan net soos ‘n poppie!!

  6. Zee says:

    Ag my moeder hart toggie!

  7. Genade, ek het amper gedink dis ‘n pop!

  8. Fransie het gely aan:

    Hutchinson-Gilfordprogeriesindroom (of progerie), maar ek weet nie of die meisie dit ook het nie.

    Progerie is geneties en dit laat jou baie vinnig verouder. Die meisie het waarskynlik ook ‘n genetiese of chromosoom-siekte. Ai dit is hartseer.

  9. Pikkelik says:

    Baie dankie RF, ek het gehoop jy kom hier uit want die meisiekind spook by my. As iets eers ‘n naam het kan ek oplees en probeer verstaan. Dan verdryf dit gewoonlik die spoke…

  10. Ek weet nie of die meisie progerie het nie, mense met dit het baie spits neuse, effe groter koppe, word gou bles en hulle hande lyk soos mense met erge rumatiek (wat dit ook is, hulle kry rumatiek op 10 soos iemand op 70).

    Die vel kry ook tipiese oumensvlekke op. Hulle groei word wel vertraag. Hulle sterf gewoonlik aan ouderdomsverwante siektes.

  11. ADRIANA says:

    Die meisie het nie dieselfde as wat Fransie gehad het nie. Ek kan nie onthou wat haar sindroom se naam is nie, maar dit behels dat sy nie groei nie. Fransie het immers groot geword.

  12. Pikkelik says:

    Dankie Adriana, my hart bloei vir hierdie mense….

  13. ADRIANA says:

    Pikkie

    Dalk is dit dit.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: