Kakelaar

Kakelaar

Ons bly in ‘n voëlparadys.  Daar is werklik nie genoeg spasie om almal op te noem nie, maar ek sal hulle so stuk-stuk aan julle bekendstel. 

Ontmoet ons raasbek!  Hierdie is die Gewone of Rooibek kakelaar.  Hy het ‘n blouswart veredos wat skitter in die son, ‘n lang afgeboë rooi snawel, rooi bene, ‘n lang witpunt stert en wit spikkels onder die maag.   Hierdie vriend van my kan dan ook die vreeslikste lawaai maak en alhoewel die boeke my verseker dit is nie waar nie, is ek oortuig hy koggel my!  As hy eers begin met sy ge-ka-ka-ka-ke-ka-ka en vroulief en die kinders val saam met hom in dan wonder ek maar altyd wat is dit nou eintlik in en om my huis wat hom aanmoedig om in sulke kras taal met my te praat!

Onder my vriendekring is daar ook ‘n paar kakelaars, dit is nou die mense wat alewig so ‘n vreeslike bohaai oor die kleinste nietigheid kan opskop.  Elke sin begin gewoonlik met “Het jy gehoor?” of “Jy sal my nou nie glo nie…” Dis nou die ouens wat ek selde of ooit skakel, nie sommer sal oornooi nie en beslis nie my hartsgeheime aan sal verklap nie.  Ek wonder altyd as hulle dan so vrylik van ander praat, WAT word dan van my aan die ander vertel? 

4 Responses to Kakelaar

  1. skoor says:

    Ons het 3 Hadedas in die buurt.

    As ek ‘n haelgeweer gehad het, WAS daar 3 hadedas, en iewers ‘n muur vol klein gaatjies…

  2. boendoe says:

    Ka-ka-ka-ka!! Jy praat waar daar.
    Waar was jy die hele tyd? Jy moes al lankal begin blog het!

  3. Pikkelik says:

    Skoor, ek kom nog by daai bleddie Hadedas…
    Boendoe, jong agteros kom darem ok in die kraal… dis alles te danke aan ‘n uiters irriterende Stork advertensie….

  4. jos says:

    Wonder of jou blog nog “lewe”. My dood geskrik .. die kakelaars wou my klein rooinek houtkapper se kleintjies vreet…. is dit moontlik? Hou die aanvanklike nesbouery van April vanjaar dop, eiers le en kleintjies grootmaak… kan nie nou toelaat dat hulle opgevreet word nie. jos

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: