Wat van ons kinders?

childrenToe ek die blog begin het wou ek dit werklik vermy om oor die nuus te skryf.  Maar nou gaan ek wragtig op die bandwagon klim.

Veral op hierdie Gesinsdag wat veronderstel is om ‘n dag te wees waarop gesinne gelukkig en in vrede kan saamwees. 

 Dit gaan my verstand te bowe dat in ‘n “opgevoede” land soos Suid Afrika daar nie ‘n enkele dag verbygaan waarin daar nie berig word van kinders wat vermoor of verkrag of verniel word nie! 

Saterdag weer in die Beeld is daar ‘n berig van ‘n 14 jarige dogter wat letterlik (‘skies as ek reguit is) KEELAFGESNY is, deur ‘n familielid.  Verlede week in dieselfde koerant was daar van ‘n dogtertjie wat vir jare lank deur haar ouers verkrag, onsedelik aangerand en foto’s daarvan gemaak het.   So kan ek opnoem en opnoem.  Magtig man, wat gaan met ons mense aan?

Ons gaan te kere oor Eskom wat nie hulle huiswerk gedoen het nie, en ons teken petisies vir skoon water en skoon riviere en ons ondersteun elke denkbare ding wat gerig is teen die wat ons te na kom, maar WAT VAN ONS KINDERS?

Die vraag kom by my op of dit werklik erger gaan en of ons net meer daarvan hoor, meer bewus gemaak word deur die media?  Daar word beweer dat vir elke saak van mishandeling wat aangemeld waar daar twee is waarvan niemand weet nie.  Maar dit maak nie werklik saak nie, feit bly staan dat ons kinders fisies en geestelik mishandel word en erger nog vermoor word. 

Wat doen die regering en wat doen die samelewing om hierdie tendens te stop? En nou sit ek met die tameletjie – wat kan ek maak om ‘n verskil te maak?    

Ek weet nog nie, maar ek werk daaraan…

5 Responses to Wat van ons kinders?

  1. boendoe says:

    Ag man, ek weet hoe jy voel. Ek begin elke dag deur die Beeld te lees, en dis ‘n fatale fout. Mens is skoon in ‘n depro as jy klaar is. Ek weet ook nie wat aangaan nie, ek weet ook nie wat om te doen nie. Dis ‘n siek, siek wereld daar buite. Die beste wat ek dink mens kan maak, is om die mense naaste aan jou te beskerm en te help: jou eie kinders, jou familie, jou tuinwerker, jou huisbediende, jou bure, ens. As elkeen na sy eie kringetjie se welvaart kyk, dink jy nie dit sal ‘n verskil maak nie?

  2. attie says:

    Ek dink ook mens moet maar naby aan jou lyf begin, maar dan is daar ook organisasies wat daarop gemik is om hierdie dinge aan te spreek. Meeste van hierdie organisasies sukkel met vrywilligers, so mens sou kon help deur by so ‘n organisasie betrokke te raak. Ek dink bv. aan Kindersorg.

  3. Pikkelik says:

    Boendoe, ek hoor wat jy sê en dit maak sin. Dit laat my dink aan Nehemia wat die Israeliete gelei het om Jerusalem se mure te herbou, elkeen voor sy eie voordeur…

    Attie, my probleem met die organisasies is dat dit so half mosterd na die maal is. Alhoewel hulle uitstekende werk doen kan hulle eers intree as ‘n probleem aangemeld word, ek soek op hierdie stadium na ‘n meer pro-aktiewe manier. Ek dink as mens net die siklus kan breek sal dit wel help. Die probleem is dat ‘n mens doen soos jou ouers gedoen het. Elke mishandelende geslag loop oor na ‘n volgende…

  4. Adrie says:

    Pikkelik

    Ek het ‘n paar jaar terug geweier om ‘n maatskaplike werker te word, wens die feit dat on welsynstelsel down te dumps is. Die dag as jy ‘n pro-aktiewe manier kry, laat weet my gerus. Ek sal ‘n army bring om te help.

    Ek dink meer mense meld deesdae die soort misdrywe aan. Ek glo darem nie dat dit erger geraak het nie. Dit raak net moeiliker om dit weg te steek. Dank God daarvoor. Dalk kan dit binne ‘n paar jaar heeltemaal voorkom word.

  5. Nico says:

    Ek dink nie daar is enige proaktiewe optrede om te volg nie; enige optrede wat ons kan volg in die verband is reaktief. Maar ek dink die tyd kom baie vinnig nader dat ons die freaks in die gemeenskap wat hul aan sulke wandade skuldig maak, om die taal van die Pentateug te gebruik, buite die stadspoorte gestenig gaan word, of voor die hele volk afgesny gaan word.

    Geregtigheid in SA bestaan nie meer nie; reg geskied net aan mense wie ander se regte misken. Dit is baie negatief, maar dis die sad realiteit.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: