Paasfees

Vir jou, My Kind

Vir jou, My kind, gee Ek my Seun

Ek stort Sy bloed op die plek: Kopbeen.

Vir jou, My kind, het Ek diep getreur…

en die tempel’s gordyn in twee verskeur.

Vir jou, My kind, het Ek Jesus laat lei,

sodat jy ook deel aan My heerlikheid kan kry.

Vir jou, My kind, het Ek Hom laat sterf,

Sodat jy alles van My Koninkryk kan erf.

Vir jou, My kind, het Hy opgestaan,

die dood oorwin, en die Duiwel verslaan.

Vir jou, My kind, het Hy kom pleit:

Vir jou, en al jou sondigheid.

Vir jou, My kind, het Ek verlos,

van Sonde wat jou, jou dood sou kos.

Want, vir jou, My kind, het ek oneindig lief

Erken My, gehoorsaam My, wees lief vir My… asseblief!

                                                         (Lindie Diedericks)

Mag vandag en elke dag vir julle gelaai wees met vrede, vreugde, blydskap en liefde.

Geseënde Paasfees

4 Responses to Paasfees

  1. Tersia says:

    Dit is so pragtig! Geseende Paastyd ook vir jou!

  2. attie says:

    ‘n Besondere stukkie woordkuns.

  3. Zee says:

    Dankie vir die mooi gedig. Partykeer vergeet ‘n mens mos wat Hy alles vir ons deurgemaak het.

    ‘n baie geseënde Paasfees vir julle!

  4. Vonnie says:

    Baie diep woorde, dankie Lindie en Pik – laat ons almal weer besin.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: