Kombuiskas

groceriesWanneer laas het jy jou kruidenierskas reggepak.  Twee pakke spagetti, ‘n halwe pak macoroni, vyf pakkies  two minute noodles, iets wat seker eens op ‘n tyd jellie kon gewees het. ‘n Oop pakkie instant gravy, ‘n halwe bottel chutney, drie pakkies marie biscuits met onderskeidelik 3, 7 en 9 koekies in, oop bokse Rice Crispies, Corn Flakes, Weetbix en Pronutro, drie blikke jam met vreemde groen bolagies en so gaan dit aan….

 Ek dink ons lewens is net soos ons grocerykaste.  Daar is die toe en volledige dinge wat jy oor kan trots wees.  Die lekker goed wat ons graag met ander deel en die oulike goed wat Ouma en Oupa laat smile.  Maar heelaas, die oorgrote meerderheid is die halfleë, horingou rubbish wat ons so getrou met ons saamsleep.  Die emosies en gevoelens wat ons net nie van ontslae kan raak nie, wat net plek opvat en ons lewens deurmekaar maak. 

Goeters, gebeure, herinneringe, blabse waarvan ander lankal al vergeet het word netjies gebere.  Waarvoor?  Ek het nie ‘n clue nie, miskien is dit iewers in ons menswees ingeprogrammeer, miskien het dit iets met ons opvoeding te doen of miskien is ons net so gewoond om gebukkend te loop dat ons nie meer weet hoe om regop te kom nie!

Dalk is die antwoord daarin om jou emosionele kas vir ‘n verandering skoon te maak.  Die rubbish weg te gooi, die oppervlak te Domestos, jou kop op te lig en SKOON te begin! 

  

5 Responses to Kombuiskas

  1. Sammi says:

    Ek is besig om sistematies ontslae te raak van alles wat ‘n meulsteun geword het. Dis bevrydend! Die groot huis waai ook een van die dae. Ek wil eintlik ‘n bus hê soos Mugabe s’n. Dubbeldekker. Twee slaapkamers en een badkamer bo en onder kombuis, sit /eetvertrek. Dan parkeer ek my huisbus by ‘n dorp wat lekker klink en ‘n maand later die volgende dorp. Ek wil glad nie meer vas wees aan aardse goed nie.

  2. TristonJ says:

    Klink so maklik maar is so moeilik…

  3. Zee says:

    More is die dag! Nou nie emosioneel nie maar regtig my koskaste. So met die ontslae rakery dink ek sal dit sommer ‘n bietjie terapeuties wees en dalk soos ek leegmaak sal ek in die proses ook so bietjie van die emosionele kant se rubbish ontslae te raak!

  4. Dellie says:

    Ek het skoongemaak en reggepak en weggegooi die naweek. Ek voel baie ligter vandag!

  5. Pikkelik says:

    Dellie, dit was langnaweek!…. Dit moet die verlange wees wat dit aan jou doen! Hoop dit gaan al beter.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: