Miere

house.jpgEk lees iewers hulle sê ‘n mier kan lig uit die noorde onderskei van lig uit die suide, dis klaarblyklik die rede vir hulle ongelooflike sin van rigting, en waarom hulle altyd weer by hulle nesse kan uitkom.

Nou wonder ek of ons almal nie maar soos ‘n mier is nie, almal soek ‘n tuiste.  Almal wil ‘n plekkie hê waar hy sy kop kan neerlê.  ‘n Plek wat jy MYNE kan noem, hetsy gekoop, gehuur of sommer aanmekaargetimmer.  Het dit dalk iets te doen met die psige van ‘n mens?  Is ons so geprogrammeer of het die samelewing ons so ge-ìndoktroneer( shit waar’s my woordeboek) om te glo dat ons slegs gelukkig kan wees in ‘n huis/blyplek?

En as ons dan eers ons vestinkie het dan moet dit alewig beter en groter, of dit moet nuwer en mooier!  Tot ons by aftree kom en besef, hel, hierdie plek is te groot vir my, ek hoor my eie ribbes rattle! Dan is dit weer van vooraf soek – iets beter en kleiner (maar tog ook gerieflik, ons wil darem nie op ons oudag sukkel nie!). 

Nagmêrrie!   Dit hou eenvoudig nooit op nie!  Maar ja, die samelewing vereis dit, heng, ons spoeg op boemelaars en hobo’s.  Nikswerd mense wat op ander teer! 

Of is dit dalk die geheim van die lewe???????? 

Who knows???

Who cares –  Ek is happy in my huis en bogger die res!

6 Responses to Miere

  1. boendoe says:

    Hi Pikkelik, dankie vir jou inloer daar by my vandag. Kom gerus weer!
    Mense omring hulself met te veel dinge. Ek was ook so, moet ek bieg! Maar nie meer nie. Ek wil net ‘n dak oor my kop he. En fashionable meubels, ens. interesseer my ook nie meer nie. Ek wil net happy wees waar ek bly.
    Kan jy jou indink hoe voel dit om nie ‘n bed in die aand te he nie? Ek dink dis een van die wonderlikste goed: jou bed waar jy saans jou kop kan neerle.

  2. netjane says:

    Ek het lekker ge”nest” in Suid-Afrika, more is more ensovoorts. Hier in Stockholm het ons net die bare essentials, want ons kon nie meer inpak nie en goed is hier te duur om te koop. Ek kom nou agter hoe lekker dit is om so min goed te hê. Eintlik bevrydend. Of ek die les gaan onthou as ek weer terug in SA by my goed is, is ‘n ander storie…

  3. Dellie says:

    Hallo! Was lekker om jou raak te lees daar by my.

    Ek stem saam met Boendoe, my bed is vir my die kosbaarste ding! En my kussing. Oor die res voel ek eintlik vere, en veral vir ander mense daaroor dink. Solank ek happy en gemaklik is, is die sakie reg.

  4. Zee says:

    Hallo daar, het jou daar by Boendoe raakgelees.

    Ek dink ek het “te” veel. Bv. ons sitkamer word nooit gebruik nie, hoekom moet jy n sitkamer en n TV kamer hê? Een is mos genoeg! Kan met baie minder klaarkom, maar nou moet ek maar aan manlief skaaf om die huis te verkoop en n kleiner ene aan te skaf. Ek sal baie gelukkig wees as ek n ou kleine huisie het waar ek net rustig kan “chill” in die aand.

  5. attie says:

    Geen ander plek is soos my huis en my bed en my mense nie.

  6. hi daar dankie vir die inloer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: