Paasnaweek

Waaroor gaan dit nou eintlik deesdae.  Is dit die haas en die eiers en die vakansiedae of is daar nog iets meer. 

Elke jaar verwonder ek my aan die voertuie met bote en woonwaens en jetski’s en visstokke wat met ‘n hengse vaart deur ons ou dorpie sleep.  Hulle stop gou by die motorhawe, loop ‘n draai, koop ‘n koeldrank en woessh! daar gaan hulle weer. Oppad na St Lucia of verder op noord.  Vreemde mense – Besigge mense – Kyk nie links of regs nie, is so haastig dit lyk of hulle eerder wil opstyg as verder ry.  Dan wonder ek waar gaan dit alles eindig!

Almal soek rus.  Dink dat ‘n vakansie of ‘n wegbreek naweek die verskil gaan maak.  Kom dan moeër terug as wat hulle gegaan het.  Kan dan eenvoudig nie verstaan hoekom hulle so uitgemergel voel nie!

Miskien is die antwoord daarin dat ons tot die kern van Paasfees moet terugkom.  Hoekom hou ons Paasfees?  Om te onthou dat daar Een was wat ons belangriker geag het as rykdom en roem, ja, belangriker as Sy eie lewe.  Een wat tot die dood toe gehoorsaam was. Een wat vir ons RUS wil gee!!  Leer ons nie al klein-klein “Na waters waar rus is lei Hy my heen…” nie. 

Soms is dit nodig om bietjie stock te vat.  Dis nie altyd lekker nie, maar baie nodig.

Baai-baai

3 Responses to Paasnaweek

  1. Jinne tog, dis so waar.

    Lekker naweek vir julle. En baie dankie vir jou inloer en kommentaar daar by my.

  2. Roer says:

    Hoor, hoor.

  3. attie says:

    Ons wat nog die kern van Paasfees verstaan sal die verantwoordelikheid moet neem om die Paasfees-waarheid onder die aandag van die wêreld te bring.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: