Algemeen

John en CathrineNa elke naweek kom ‘n Maandag.  Hoekom is Maandag dan Maandag en nie Donderdag nie.  Dit voel altyd asof DONDERDAG beter sou gepas het by die eerste dag van die week.  Vir my begin die week mos met ‘n gedonder!  Dit is asof alles in highspeed gebeur.  Kayalami se moses, julle moet my sien roer!  Ek dink egter dit gaan in elke huis so, behalwe in al my vriendinne se huise.  Daar word voorbereidings getref.  Klere word uitgesit, toebroodjies en smulhappies word vir kosblikke gemaak.  (Nie jam en kaas nie!!) Tasse word gepak, alles volgens ‘n vaste skedule.  Ontbyt word reggesit en siedaar, perfekte oggend…

Is ek dan al weird een!!! 

6 Responses to Algemeen

  1. Tersia says:

    By ons is dit elke dag ‘n donnerende Maandag! Praat nie eers van al die wasgoed nie!!

  2. netjane says:

    Ag nee man, ek het groot geword in ‘n huis waar Maandae oggende nie volgens plan verloop het nie en ek weet van kaas en jam toebroodjies. Ek onthou daai tye, ek wed jou die kinders gaan nie die uitgesitte klere onthou nie.

  3. Jou vriendinne is die uitsondering, verseker nie die reel. Hehehe, dink ook DONDERdag sou meer gepas gewees het.

  4. vygie says:

    Ja toemaar, hier by ons is dinge ook allesbehalwe ordelik soggens. Saans is ek maar net te dankievaderbly as my twee in die bed is sodat ek myself iewers kan opkrul met ‘n boek of op die bank aan die slaap kan raak tot die nag se pajamadril begin. Klere uitsit en sjarmante en voedsame happies voorberei kom nie eers by my op nie. Ai.

  5. Marlene says:

    Wel, ek is ‘n ma van drie en weet hoe dol dit partymal kan gaan maar ek het al geleer beplanning is die goue reël. Ek is maar die een wat alles reg sit vir die volgende oggend en die kids weet hulle deel is om te sorg dat hulle skoolklere ens. reg is vir die volgende dag. Maar dan moet ek ook by sê pas ek nie die bogenoemde toe nie dan ontaard my Maandag ook in ‘n donnerstorm!

  6. […] Posted on June 23, 2008 by Pikkelik Onthou julle my heeeeel eerste inskrywing.  As ek vandag daarna kyk dan giggel ek lekker.  Maar dit is nie die punt nie, ek voel […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: