Hierdie is ‘n lys van almal en alles wat my afPP….
Voel welkom om by te sit en aan te las na willekeur.
Die toekenning vir die swakste diens denkbaar, met die onhulpvaardigste personeel moontlik gaan aan!!!! Tatatatrararara!!!!
TELKOM!!!!!
Baie geluk mag julle nog jare se moeilikheid beleef….
1. ESKOM
2. TAXIBESTUURDERS
3. SA POSKANTOOR
4. SWAK DIENS
5. PATCHES SE SKOONFAMILIE
6. MISHANDELING VAN VROUENS EN KINDERS
7. ROBERT MOGABE
8. VUIL WATER
9. MEERMIN SE EKS
10. DIE PESTE WAT SONKIND SE MAN GEHIJACK HET.
11.




Gedra jou in die blik!
2008/04/21 at 9:21 vm
En vandag pp die KOUE MY AF!!! En dis Maandag en en en en en……
2008/04/24 at 2:04 nm
Die bliksems wat die sesde keer in 18 maande se tyd by ons winkel ingebreek het.
2008/04/24 at 3:19 nm
Pikkie
Ag nee, vandag?
2008/05/15 at 4:20 nm
Mense wat nie sakdoeke voor hulle neuse hou nie, en van my skouer ‘n dumping site maak pp my af
2008/06/04 at 9:12 nm
Al die bakleiery op die blogs grrrrrrrr!!!
2008/06/11 at 7:47 nm
Telkom…..????
2008/06/12 at 8:39 nm
Lorries
2008/06/27 at 11:17 vm
Flippen donkiekarre!!!!
2008/07/03 at 9:03 vm
suid korea se donnerse drukkende hitte
2008/07/07 at 12:29 vm
Snobs, mense wat dink hulle is beter as ander! Skoonfamilie, plakkers, advertensies op die tv, elektrisiteit en en en
2008/07/23 at 8:21 nm
Elke enkele mamma wat sê sy sal haar lewe afgee vir haar kinders, maar nie eers die moeite doen om toe te sien dat hulle ten alle tye vasgegordel is nie. GRRRR!!!
2008/07/23 at 8:30 nm
Ek stem Maxie, gaan lees bietjie die een wat ek so ‘n ruk terug gepost het! http://pik234kelik.wordpress.com/2008/05/15/witwarm-oor-karstoel/
2008/08/22 at 9:45 nm
Pikkie wil nie nou inskrywings maak nie. Nie eers ‘n groet nie.
2008/08/23 at 1:43 nm
mense wat dink hulle kan alles beter doen en net agteroor sit en flipen kritiek het op alles! Hoekom doen hulle dit dan nie self nie?!
2008/08/24 at 3:43 nm
Ek stem Kaalvoetjies, dit maak my ook gedaan!!
Mense wat aanhoudend vir my en Pikkie “hate mail” stuur!!! Gaan kry ‘n lewe of maak ‘n blog oop, dit behoort jy vir ‘n rukkie besig te hou
Klim van ons rug af!!
2008/10/15 at 8:14 vm
Ek grrrrr op die oomblik vir myself
2008/12/17 at 11:10 vm
Ontslae raak van sigaret stompies – by die motor se venster uit….
2009/01/02 at 11:48 nm
lang ure op vliegtuie wat stampvol is pp my ongelooflik baie af
2009/01/03 at 11:02 nm
Die vrou wat nou die dag by die poskantoor haar pos gaan uithaal het, en in haar kar gesit en briewe oopgemaak het.
En doodluiters die gemorspos by haar venster uitgegooi het. Net daar, op die grond.
Met haar kind langs haar in die passasiersitplek.
Mooi voorbeeld.
Flippit. En ons recycle elke dag. Papier, glas en plastiek in afsonderlike houers.
SHAME ON YOU.
2009/01/03 at 11:18 nm
En ‘n spesiale vermelding aan al die onbesonne, onbeskofte, onbevoegte, ongeskikte mense met die (onwettige) vuurwerke die tyd van die jaar…
Amper die hele straat se diere is aan my sorg toevertrou gedurende Desember en julle laat my geloof in die mensdom wankel.
2009/03/21 at 10:57 vm
Miesie pikkanien mavis grom soos die hond vir mense sonder manners
2009/05/27 at 8:48 nm
MTN!!