Enige beter beskrywing van liefde????

2008/12/03

My boetie stuur vir my hierdie en ek het nou behoorlik gehuil.  Lees eers hier….

A son asked his father, ‘Dad, will you take part in a marathon with me?’
The father who, despite having a heart condition, says ‘Yes’.
They went on to complete the marathon together.
Father and son went on to join other marathons, the father always saying ‘Yes’ to his son’s request of going through the race together.
One day, the son asked his father, ‘Dad, let’s join the Ironman together.’
To which, his father said ‘Yes’ too.

For those who don’t know, Ironman is the toughest triathlon ever.
The race encompasses three endurance events of a 2.4 mile (3.86kilometer) ocean swim, followed by a 112 mile (180.2 kilometer) bike
ride, and ending with a 26.2 mile (42.195 kilometer) marathon along the coast of the Big Island, Hawaii.
Father and son went on to complete the race together. View this race at…..

 

Gaan haal nou ‘n tissue of ‘n sakdoek en kyk hier.   Ek kry dit nie gepost nie daarom die link….


Roxy in action!

2008/12/03

Whoopeeeeee!  Roxy en Scooby Doo eet hulle pilletjies.  Net so, sommer so, droog uit die sak uit.  Dit het toe nie twee nie, maar drie dae se honger bly gevat om hulle aan die eet gekry en ALPO FULL COURSE natuurlik…   hulle is nie goedkoop honde nie!!!!  

Maar ek het op hierdie afgekom en gedink dis soooo oorspronklik!   Roxy op haar stukke!!!!!!  

(Ok, ek jok, maar dis oulik)
    

The words “I love You”

2008/11/30

Ek het dit vanoggend weer gehoor en was weereens amazed!  Kan nie mooier nie!

The words ‘I love you’

There are those who think that love comes with a lifetime guarantee,
But we know from those around us, that this may not always be,
It’s the simple things that come between a father and a son,
But when they try to talk, the knives are out before they have begun;

Well that was me, and I have seen the light that shines for eternity,
Because I learned to say the words “I love you;”

So many hearts have been broken by the lies of history,
And so many arms are still open for that final mystery;
We must show respect for all the rest, and what a man believes,
And the one who died upon the cross, well he is the one for me,
And he said “Come with me and you will see the light that shines
For eternity, be strong and learn to say the words “I love you;”

And this endless road that we are on just keeps on going round,
But there’s one destination that always is here to be found;

So come with me, and you will see the light that shines for eternity,
Be strong and learn to say the words “I love you,”
Be strong and learn to say the words “I love you,” the words “I love you,”
The words “I love you,” the words “I love you.”


Amen

2008/11/29

Shout to the Lord

My Jesus, My Savior,
Lord, there is none like You;
All of my days
I want to praise
The wonders of Your mighty love.

My comfort, my shelter,
Tower of refuge and strength;
Let every breath, all that I am
Never cease to worship You.

Shout to the Lord, all the earth,
Let us sing
Power and majesty, praise to the King;
Mountains bow down and the seas will roar
At the sound of Your name.
I sing for joy at the work of Your hands,
Forever I’ll love You, forever I’ll stand,
Nothing compares to the promise I have in You.

Shout to the Lord, all the earth,
Let us sing
Power and majesty, praise to the King;
Mountains bow down and the seas will roar
At the sound of Your name.
I sing for joy at the work of Your hands,
Forever I’ll love You, forever I’ll stand,
Nothing compares to the promise I have in You.
Nothing compares to the promise I have
Nothing compares to the promise I have in you


Eendag….

2008/11/27

Eendag lank, laaank gelede in ‘n reënboogland vol probleme en moeilikhede, wat geknel was in ‘n finansieële krisis, wat gebuk gegaan het onder kragonderbrekings, vuil water en baie klein salarisse wat moes betaal vir alles wat daagliks duurder geword het….

Was daar ‘n vrou wat nie vol nonsens was nie….

image0011vrou

 

Maar dit was laaaank gelede en dit was net EEN dag…..

Vandag is ek daardie vrou!!!!   Wanneer ons einde Desember na ‘Lelik’ toe trek sit ons met ‘n vervoerprobleem.  Mynick sal nie 8km grondpad met die Vucka (motorfiets) kan ry nie.  My senuwees sal dit nooit hou nie!   Met ander woorde, wie gaan ry en wie bly by die huis.  Hy begin 7 uur in die oggend te werk en kom nooit voor 7 uur saans tuis nie.  Daar is nie ‘n manier hoe ons almal kan saamry nie.  Verder kan ek ook tog nie daardie tyd van die aand terug ry dorp toe om hom te gaan haal nie.  Poppedyn slaap dan al!

Maar ons Vader was goed en my man het vandag vir my ‘n karretjie gekoop.  Dis nou nie naastenby soos Bib se kar van ‘n ruk terug nie, sommer ‘n regte ’skorra’!  Ons kan nie ‘n motorpaaiement maandeliks bekostig nie, so wat ons koop moet ons kontant koop!   Weereens het my man my verras….   Kyk net hier….   Hiehiehiehiehie…..                                                          :lol:

chevy_1300_ls_3d_hatch_bw_south_africa_1978

Ek kry die outjie eers more so dit is sommer ‘n internet foto.  Maar dit is ‘n 1977 Chev Hatch.  ‘n Suid Afrikaans vervaardigde motortjie.   Ek dink nog steeds dis vreeslik oulik, en snaaks en ek dink die ander mense gaan my vreeslik jammer kry omdat ek so ‘n OU karretjie ry, maar ek is in die wolke!   Ons het gekry wat ons nodig het en dit is genoeg.  Ek kan net op my knieë gaan en baie dankie sê.  Ons is geseënd.


Ek is ‘n sneeuman!

2008/11/24

Hier by my gaan dit woes en wild!   Ek probeer baie hard om nie heeltemal waansinnig te raak nie!!!   Rerig!!!  Ek pak, en vee die sweet af, pak en maak huisskoon, pak en gaan bad (om van die sweet ontslae te raak), pak en maak kos, pak en speel met die kinders, pak en gaan bad weer, was wasgoed en gaan bad weer, stryk en gaan bad sommer twee keer…..

Dit was Saterdag 43 grade en gister darem ‘n koeler 41 grade celcius hier by ons!!!!  Ek sal maar moet gewoond raak!!!!   As die nuwe jaar begin het ek darem ‘n plaasdam, dan gaan julle my sien swem met my komieklike lyfie in ‘n swembroek, come what may!!!!

Ok, ek is ‘n sneeuman, (dit klink so verskriklik aanloklik!)   Gaan kyk bietjie hier watse soort kersboom ornament is jy?


You Are a Snowman


Friendly and fun, you enjoy bringing holiday cheer to everyone you know!
Lekker week vir julle!

HULPKREET!!!!

2008/11/20

AL JULLE HONDEKENNERS – HELP MY!!!!   

Ek sit met ‘n tamaletjie!  Nee wag, eerder ‘n kougom, want dit hou langer, julle onthou mos vir Roxy en Scooby Doo!   191108-20Nou die twee maak my gek!  En nee, hulle is groot vriende, speel die gras uit, hardloop die wêreld vol, skeur en byt alles stukkend, bemors die wêreld en slaap saam, die ding is hulle wil om de dood nie droë hondepille eet nie!  As ek kookwater opgooi en dit laat afkoel sal hulle dit maar so langtand eet, maar droog – huh-uh – hulle sit nie hulle monde/bekke daaraan nie!  Hulle het al tot vir twee dae sonder kos gebly, totdat my hart dit nie meer kon hou nie en ek maar weer die hele kookwater-episode deur is….

Ek is nou nogal bekommerd want dit kan mos nie goed wees vir hulle tande om net heeltyd sagte kos te eet nie!  My honde kry glad nie oorskietkos nie, net so een maal ‘n week ‘n lekker slaghuisbeen.  Ek was nog nooit in my lewe sonder ‘n hond nie, maar hierdie een het ek nog nooit teëgekom nie.

Groot asseblief, help my!

191108-30

(BTW – hulle het ‘n lieflike mandjie om in te slaap, maar verkies die grond, ek dink hulle kry dalk te warm in die mandjie!)

Lieflike lelik en selfoongoggas!

2008/11/18

Ek het hierdie e-pos vandag in my mandjie gekry en gedink ek deel dit gou met julle. 

Kostes R25 per jaar om julle kinders se selfone te block teen pornografie.  Ek weet ons kinders is onskuldig, maar die elemente kry enige nommer in die hande en kinders kyk, want hulle verstaan nog nie hierdie goed nie.  Ons moet ons kinders beskerm.  Ek het Bronwen al 3 jaar lank hierop en ek weet sy is veilig as dit by haar telefoon kom.  

SMS 41333 en tik dan in “Block en dan die kind se telefoon nommer”.  Die kinders weet ook nie julle doen dit nie, en hulle sms julle elke jaar om die subskripsie te hernu, dit is nogal cool vir ons ouers.  Stuur dit ook aan na al julle vriende en familie wat ook kinders het.  Saam sal ons die duiwel terug stuur na die donker dieptes van die hel!!!!!!!!

Groete

(Natuurlik gaan ek nie die naam hier sit nie!!!!)

Verder is my nuus nogal opwindend!   Ek is alweer besig om te pak!  Ons trek tussen Kersfees en Nuwejaar in Lieflike Lelik in!!!   HEEEEHAAAAA!!!!!  Ongelukkig is ons huis nog nie verkoop nie, maar ons gaan daar huur met die opsie om te koop.  Niemand sal weet wat dit vir my beteken nie!  Uiteindelik kan ek weer in die grond grou, in die veld loop en skree as ek wil – (nog steeds nie te hard nie, ons het darem bure!!!  LOL), maar daar is genoeg plek om AL my meubels uit te pak, om al my bokse uit te pak en te weet dat ek nie weer binnekort hoef te trek nie!!!  Ons gaan nie meer in ‘n tou staan om te PP nie, ook nie om te bad nie!  Daar is vyf toilette, en vier storte, make your pick!!!  En nou is julle almal sommer genooi om te kom kuier in die Groen Kalahari!   Lekker week verder vir julle, ek gaan besig wees!!!  


Verskoon my asseblief…

2008/11/10

1032145kg6gtxxhfe

Ek is nie op ‘n lekker of goeie plek in my lewe nie….   Ek moet weer gaan soek na dit wat ek preek…  Ek gaan nie weg nie, ek gaan net vir ‘n bietjie stil raak.  Net vir ‘n bietjie weer myself soek, (en dit kan nogal ‘n mission wees…) en moontlik nog van tyd tot tyd hier ‘n geselsie kom aanknoop, maar eers gaan ek net weer myself ‘n breek gee…  Ek is moeg, die jaar was te lank, te veel het verander, te veel het gebeur, te veel het dieselfde gebly.   Ek begin al hoe meer te wonder wie “EK” is, en dit op sigself is nie ‘n goeie teken nie. 

Ter afsluiting, dit gaan goed met my man en kinders, dit gaan goed in my huwelik, dit gaan goed met ons almal se gesondheid.  Daar is niks om oor te bespiegel nie, ek gaan net bietjie rus.  En dankie vir die 25 000 hits wat ek iewers verlede week verbygesteek het.  Dit word opreg waardeer.


Superman moèt hy wees!

2008/11/06

980575zyfjhia9qi

Ouboet het hierdie ongelooflike superhero manie!  Hy het nou al Spiderman klere, Batman klere, Incredible Hulk klere maar nee, dis nou weer nie meer wat hy wil wees nie!  Nee, die klein ottertjie moet nou om de dood Superman klere hê.  Onwillige ek met ore wat nie meer kan oorleef nie, vaar toe die strate in op soek na Superman klere.  En hoe verder ek soek hoe warmer word ek, want sien, kan die mannetjie nie nou maar iets wees wat in die mode is nie!  Jy kry nie Superman klere nie. 

Einde ten laaste kry ek toe ‘n Superman suite – R350.00!  Nou kyk, daar is geen maar geen manier hoe ek R350.00 vir ‘n stelletjie klere betaal wat nie eers ‘n jaar gaan hou nie!  Noem my suinig, noem my ‘n slegte ma, maar dis nou net waar ek die streep trek.

My probleem is egter toe nog nie opgelos nie…   Superman het nog nie klere nie!!!  Soos Dellie altyd sê, ag fokkie toggie…. 

Ek maak toe maar ‘n plan en gaan koop materiaal by ‘n winkel.  R56.89, dit klink meer na iets wat ek sal betaal.  My omkapmasjien is in boks nommer 63, wat NIE uitgepak is nie.  Gelukkig is my Empisal nie meer ingepak nie en daar trek ek toe weg…

061108-9

 

Tot die wapen is opge-appliek!  

061108-8

Nou wonder ek vir hoe lank die gier gaan hou en wanneer die volgende Superhero die skerm gaan tref en ek maar weer moet gaan kopkrap…