Ek: Goeie more Myself
Myself: Goeie more Ek, hoe gaan dit?
Ek: Nee ek gee op, wat gaan aan met daai ene?
Myself: Ek het gedink jy sal my dalkies kan sê… Mens weet nie meer met haar nie!
Ek: Ten minste laat sy mens nog lag…. Ek het gedink ek kraak myself Vrydag…
Myself: By die motorhawe, ja dit was snaaks….
Ek: Sy ry al die pad om te gaan bande pomp, gaan die olie en die water na, ry huistoe en kry amper die piep omdat die bande nie reg gepomp is nie…
Myself: Ek wonder of sy oud word?
Ek: …sal nie kan sê nie, waar het jy nou gesien, sy laai die doekesak in die kar, klim in en ry. Kom by die stopstraat en toe sy in haar truspieëltjie kyk staan die dagmoeder nog met Poppedyn op die heup en lag!
Myself: Dit was ‘n snaakse een daai! Ek dog sy gooi die motor om!!! Whahahahaha!!
Ek: En gister, wat maak jy nou van gister?
Myself: Nee ek weet nie…. Hulle val almal nog oor die bokse…. Die huis staan nog op sy kop, van die meubels staan nog op die stoep en sy vat die hele oggend af om met haar kinders in die parkie te gaan speel, ek is seker haar kop raas…
Ek: Nee, daar gaan ek nie met jou saamstem nie! Die kinders worry nie oor chaos nie, hulle worry net oor hulle ma se tyd…
Myself: Ook waar, maar toe sy by die huis kom, gaan staan sy ‘n storm en opkoop op ‘n tweeplaat stofie!!! LOL!!! Kon sy nie maar chips en worsies gemaak het nie!
Ek: Sies, jy is lelik met haar! Sy probeer…
Myself: Ja, en laasnag toe Chippies wou uitgaan en sy nie die voordeur kon oopkry nie…
Ek: Ek het ook nogal gedink dis snaaks, maar ek dink sy was nog goed deur die mis!
Myself: Maar om die hond deur die venster te druk??!!!!
Ek: Hy het nie omgegee nie!!! Hy kon sy draai loop!
Myself: Maar toe tel sy hom weer terug deur die venster!! Whahahahaha!!! En dit NADAT sy die voordeur oopgesluit het!!!
Ek: Bwahahahahaha, ja dit was funny!!!
Myself: Wag sy roep my, ek dink ek moet gaan…
Ek: As jy nie omgee nie gaan ek ‘n rukkie net hier sit… Ek geniet die stilte….
Myself: Nes dit jou pas, sien jou later!!!
Ek: Bye





Gedra jou in die blik!
2009/07/06 at 12:09 nm |
WHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA
Eerste.
2009/07/06 at 12:10 nm |
Pikkie
As Poppedyn vir jou te veel moeite is, stuur haar maar vir my. Ek sal mooi na haar kyk.
2009/07/06 at 2:25 nm |
Pikkie! Ek rol soos ek lag!!!!! Jy is die beste! (((Wanneer kom kuier jy weer by my)))
2009/07/06 at 3:54 nm |
2009/07/06 at 4:10 nm |
Bly om te sien jou kop los jou ook!
My kinders lag vandag nog vir my oor die dag toe my man vir my gese het “sqeeze the teapot”, en ek die ding actually begin druk!
2009/07/06 at 5:32 nm |
LOL! lekker smile ek nou, pak die sak in en los die kind, hond deur die venster!!! flip, jy maak my dag, pikkie.
2009/07/06 at 8:09 nm |
Pikkie – jy is skreeusnaaks. Jy kan maar meer kere so met jouself praat Bwahahaha!
2009/07/07 at 12:28 nm |
Ag ten minste is jy in goeie geselskap wanneer jy so met jouself praat.
2009/07/07 at 8:36 nm |
As jy nog met jouself kan praat, dan is die lewe nog reg! Wanneer jy nie meer kan nie, dan’s daar ‘n skroef los…
2009/07/08 at 7:24 vm |
Jy en Jouself is nog heeltemal fine, girlfriend!! Julle makeer beslis nie…. eeeehhhhmmm ah well, assie een makeer kan sy altyd die ander een blame
Post gerus weer jou gesprekkies – dis totally entertaining EN dit laat ons ander darem ook meer ‘normaal’ voel… whatever normaal beteken
2009/07/09 at 8:38 vm |
Ek sit nou en dink of ek my gedagtes so sal wil neerpen… liewerste nie, ek sukkel klaar om die mense van die plaas met die straitjacket en sagte mure weg te hou.
2009/07/09 at 4:58 nm |
Hehe, baie oulik geskryf
2009/07/10 at 7:39 vm |
[...] dekades bietjie verleng is….. ek wil dfinitief nie in ‘n straitjacket in gesprek met myself opeindig nie. Dit sal seker eintliknogal interessant wees om jou eie redenasies in jou grysstof op [...]
2009/07/10 at 9:22 vm |
Skitterend! Ek wonder hoe baie kan relate?
2009/07/10 at 3:10 nm |
Lekker lag ek nou
2009/07/12 at 1:15 nm |
O koek, Pikkie,
My oudste twee onthou die dag wat ek met jongste op die heup die kerkterrein deurloop en soek na…… jongste!! (Bennie boekwurm en sy bril?)
Maar ek sweer daai hond het haar wakker gemaak, en g’n ma is behoorlik wakker in die middel van die nag nie…. Ek het die bottel geskud en geskud, maar die baba wou nie ophou huil nie – tot pa haar aandra en die bottel oorvat!
Ons almal stap maar ‘n krom pad.
2009/07/16 at 11:43 vm |
Hie Hie Hie
Huiswerk
2009/07/16 at 12:50 nm |
Pikke…. het die witjassies jou kom vat?
2009/07/16 at 3:26 nm |
2009/07/20 at 8:00 vm |
Whahahahaha
2009/07/20 at 8:47 vm |
Ja nee pikkie ek dink almal moet net bietjie mal wees om te cope waarmee ons daagliks te doen kry. die kids,werk, huis, kos en almal moet maer wees en gym en by die skool help en by die basaar goedjies bak….sjoe ek voel kla bietjie oorweldig. Maar sit moewies snaaks.
2009/07/21 at 1:11 nm |
jy en wippie is net weg….is julle saam met vakansie….mmmmmmm ek mis jou!!!
2009/07/23 at 10:44 vm |
Koeweeeee, waaaas jy?
2009/07/26 at 8:20 vm |
(((Pikkie)))
Jy is inderdaad salf vir my siel vriendin!!!!
2009/07/28 at 8:44 vm |
Halloooo Pikke!
Ek wil ook bietjie jou brein pick! Ons kom bietjie kuier in Upington met die kuierfees. Enigiets anders behalwe die fees en Augrabies wat jy sal sê – Jy moet dit sien! Help groot asseblief?
2009/07/29 at 10:43 vm |
DMI, die Museum is besonders. Rerig die tyd werd. Dan natuurlik ‘n wynproesessie by Oranjerivier Wynkelders. ‘n Rit op die rivier op die Arkie… En die gedroogde vrugtefabriek is ook ‘n kuiertjie werd. Ek weet nie hoe julle vervoer lyk nie, maar Riemvasmaak is ook besonders. Sal nog byvoeg soos dit by my opkom.