Hierdie is nou ‘n rerige erige ‘ploeg met ‘n ander man’ se kallers inskrywing!!!! My kleinboet se seuntjie het so twee weke terug bulletjie rugby gespeel. Hy is nou ‘n volle ses jaar oud, maar ek kan my kop op ‘n blok sit dat hierdie outjie dit nog ver gaan bring….
Kan julle glo!!! Een dag, vyf wedstryde en nou…. drumrolllllllllll asseblief!!!!!!!! 24 drieë!!!!! Jip julle lees reg, VIER EN TWINTIG drieë!!! Hulle wou hom later van die veld afhaal want die ander kinders kry nie kans om te speel nie!!! Bwhahahahahaha!!!
Mooi skoot Johan, jou Tannie is bitter trots op jou!
Dis nou wat ek noem jou hart uitspeel!
(Boeta, ek wag nog steeds vir die foto’s – toe gaan steel ek dit van jou profile af… Dit sal jou leer!!!)







Gedra jou in die blik!
2009/06/09 at 9:40 vm |
Eerste
Maak hom groot vir Province.
2009/06/09 at 9:52 vm |
Ag Pikkie hulle is darem net die mooiste goed! Jy kan sien die Kleinman speel hart en siel! Dis inskrywings soos die wat die dag sommer die moeite werd maak…al het hy hoe tos begin!
2009/06/09 at 10:13 vm |
Pragtig… ek sien hy speel nou al sommer in die regte kleur ook
Hoop sy pa maak hom reg groot, want die meeste Springbokke gaan van daardie kleur af kom in die toekoms
2009/06/09 at 1:17 nm |
Hy’t nie verniet ‘n blou pakkie aan nie en dis nie naastenby Province kleure nie! Whaahahaha!
2009/06/09 at 1:30 nm |
Kan ons nie die kleinman kontrakteur om ons Bokke weer bietjie touwys te gaan maak nie?
Mooi so groot seun!
2009/06/09 at 2:06 nm |
Kaalvoet
Dit is nie die kind se skuld dat die verskaffers nie die trui klaar gemaak het nie. Die witsteppe kort nog net en dan is dit finish.
Moenie dat ek nou met jou moet sukkel nie.
2009/06/09 at 6:21 nm |
Mag ek vra waarsie fotos geneem? Lyk soos Eiland, vakansie oord.
2009/06/09 at 8:57 nm |
Dis nou oulik. ‘n Bul in wording.
2009/06/10 at 8:06 vm |
lekker man……
2009/06/10 at 9:31 vm |
You go Johan!!!! Pragtig!!!
2009/06/10 at 11:56 vm |
Og!! Lekkerrrrrrrrrrr!! Ek was vir etlike jare bulletjie-mamma!! Hulle moes my menige maal vannie veld af sleep!! Ooooeeeee – ek kan vir jou excited raak – en as iemand my ‘baby’ tackle
– kyk, ek haal jou EN jou kleintjie EN jou voorouers uit!!!
(en ek mag weer kom ‘toesn(k)ou’
Met die laaste Loftus dag het Era vir sy ousus gevra of sy nie my eerder vir ’shopping’ wil vat nie – want hy sal saam Lean-hulle ry – “dis ok Mamma, Mamma hoef RERIG nie te kom nie – dis altyd so ‘n laaang dag en Mamma sê altyd Mamma en Monique sien mekaar te min – Mamma kan RERIG bietjie saam Monique gaan shop!!”
Ek is beter deesdae… hulle hette heining ommie veld gespan!! tussen die pawiljoen en die rugbyveld!!
2009/06/10 at 12:01 nm |
Adrie, as ek dit nie mis het nie is Province blou in elk geval nie dieselfde as Blou Bul blou nie
2009/06/10 at 12:31 nm |
Ag, ou Kaalvoet. Wat is ‘n skakering donkerder nou tussen vrinne? Details, Details, Details!!!
2009/06/10 at 1:26 nm |
Ag my jitte maar die outjies is klein! Om te dink ons Bokke was ook so klein op ‘n tyd… erens.
2009/06/10 at 2:36 nm |
Dis waar dit alles begin – ek wil ook graag die gestreepte trui sien, maar mens kan dit nie hard sê nie.
2009/06/10 at 7:40 nm |
Ag is hulle nie oulik as hulle so klein is nie. Ek wens net dit was iets ander as rugby. Voel vir my so dat rugby die kinders soveel kwale vir die res van hulle lewens gee.
2009/06/11 at 8:38 vm |
Pragtige blou trui wat hy daar dra.
2009/06/11 at 10:29 vm |
Yeah vir die dominee en Adrie!!! Ek second dit.
2009/06/12 at 11:11 vm |
Jy mag maar trots wees tannie Pikkie!
2009/07/02 at 11:16 vm |
ek het ‘n video clip waar Johan ‘ 3 druk.
Laat weet as julle dit wil he.
2009/07/03 at 11:29 vm |
My jitte Elaine!!! Wow!!! Ek gee dadelik jou besonderhede vir my broer!