Geluk…

Iets wat ek die afgelope tyd weereens besef het, is dat ‘n mens diep gelukkig kan wees ten spyte van alle omstandighede. Geluk is iets wat van binne kom en ek is oortuig dat eksterne omstandighede nie werklik ‘n impak op jou geluk kan hê nie. Geluk is meer as ‘n emosie of ‘n toestand van jou gemoed, dit is diep gewortel in jou menswees. Dit is iets wat van binne moet kom, geen mens kan ‘n ander gelukkig maak nie, geen mens kan ‘n ander se geluk verseker nie. Elke mens op hierdie aarde moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie geluk…

Vir my is geluk om in vrede met jouself te wees. Om te weet wie jy is en wie jy nie wil wees nie, wat jy kan en nie kan doen nie, wat jy wil en nie wil doen nie. Om te weet waartoe jy instaat is en vrede te maak met dit wat jy nie kan doen of bemeester nie. Om te weet met wie jy jouself wil omring en wie jy uit jou lewe wil skuif en dan die moed te hê om dit te doen. Om met oortuiging nee te sê en nie daaroor skuldig te voel nie.

Elke mens het ‘n keuse hoe hy of sy hulle lewens wil inrig. Die keuse is joune, maak jou keuse om gelukkig te wees. Maak jou keuse om in vrede met jouself te lewe, maak die keuse om so te leef dat jy as jy in die aand in die bed klim tevrede kan terugleun en sê, dit was die moeite werd.

Gelukkig beteken nie dat jy nie meer negatiewe emosies gaan beleef nie, dit beteken nie dat jy nie hartseer of seergemaak gaan voel nie, dit beteken allermins dat jy ‘n ‘maklike’ lewe gaan hê, dit beteken bloot dat jy die beste sal doen met dit wat vir jou uitgedeel word, dat jy sal opstaan as jy val en sal voortbeur as die lewensstorms om jou slaan….

 596333vk0dp0kthd

12 Responses to Geluk…

  1. Tersia says:

    Dankie Pikkie, soms makliker gese as gedaan!

  2. Ek stem met jou saam.

  3. Thasia says:

    Ai Pikkelik dit is nou vir jou so waar en mooi gestel!! 😀

    Lekker week vir jou vorentoe!!

    Liefdetjies
    xxxx

  4. Wipneus! says:

    Baie mooi inskywing vriending!! 🙂
    Lekker week!

  5. Neil Kroese says:

    wel mens kan droom om in ‘n “negatiewe vrye omgewing” te lewe…

  6. boendoe says:

    Flippen moeilik, somtyds, maar baie waar.

  7. Blou says:

    Amen suster !

  8. Pikkelik says:

    Tersia, Neil en Boendoe – Ek weet dit is vrekmoeilik – maar dit is ‘n besluit wat ek daagliks oor en oor neem. Dit kom nie vanself nie.
    Riaan, Thasia, Wipneus en Bou – Ek dink julle verstaan wat ek bedoel – lekker week vir julle ook.

  9. Dellie says:

    Baie mooi gestel, Pikkie.

    Ek stem heeltemal met jou saam. Om gelukkig te wees, is ‘n besluit. 😉

  10. Sonkind says:

    Dankie Pikkie – hierdie was op hierdie bloue Maandag so nodig vir my.

  11. Emma Dixon says:

    Ditto Sonkind.

  12. […] op ‘n lekker of goeie plek in my lewe nie….   Ek moet weer gaan soek na dit wat ek preek…  Ek gaan nie weg nie, ek gaan net vir ‘n bietjie stil raak.  Net vir ‘n […]

Leave a comment