Mense julle het nie ‘n idee hoe dit hier by my gaan nie, my nerwe hang aan ‘n dun, (lees moer dun) draaitjie. My dag het eenvoudig nie genoeg ure nie, iewers is daar ‘n klein blikemmertjie wat dan nog van die minute steel ook! In die aand as ek in die bed neerslaan, is dit letterlik wat gebeur, so ek vra maar baie mooitjies, hou maar uit met my, hê maar geduld met my en weet dat ek my bes doen om julle post’s te lees al comment ek nie. Ek mis nie sommer ‘n post nie, glo my!!! Al sit ek met my bord kos of tandeborsel in die mond en lees!!!
Lekker dag vir julle!!!!





Gedra jou in die blik!
2008/06/26 at 9:38 vm |
Sterkte daar ou Pikkie!! Hoop dinge raak gou weer rustig daar by jou!
2008/06/26 at 10:10 vm |
Sterkte Pik, binnekort gaan dit weer beter!
2008/06/26 at 10:31 vm |
ek laaik jou parraprentjie…
2008/06/26 at 10:51 vm |
Baie sterkte Pikkie!
2008/06/26 at 11:06 vm |
Sterkte jong. Dit MOET op een of ander stadium begin beter gaan.
2008/06/26 at 12:11 nm |
Baie sterkte jong!
2008/06/26 at 12:49 nm |
Amper naweek! Sterkte!
2008/06/26 at 2:05 nm |
Ek het op gediggie afgekom:
Cleaning and scrubbing can wait for tomorrow,
For babies grow up, I’ve learned, to my sorrow.
So quiet down, cobwebs. Dust, go to sleep.
I’m rocking my baby, and babies don’t keep.
–Ruth Hulburt Hamilton
2008/06/26 at 2:16 nm |
Soos Wipneus se gediggie sê: Moenie stres oor die spinnerakke en stof en ander dinge wat tot later kan wag nie, geniet jou kindertjies, hulle word so vinnig groot. Eerste dinge eerste!
2008/06/26 at 5:05 nm |
Ek wonder of mense op die toilet sit en blog.?
2008/06/26 at 5:11 nm |
Hiehiehie…daai paddas is classic! Sterkte, daar!
2008/06/26 at 6:30 nm |
HHHHHHEEEEEEHHHHHHAAAAAA!!!!!!!!!! Boendoe, dit was my 1500 ste comment, hier is vir jou ‘n lekker Chomp en sommer ‘n Lunch Bar en ‘n Crunchie en ‘n Bar-one en sommer ‘n Coke ook!!! Thanks boys en girls… Ek voel so chuffed!!!
2008/06/26 at 6:43 nm |
Nee, nee, volgende week kom my geliefde!! Maak dit eerder ‘n bottel water en ‘n bakkie Woolworths vrugteslaai! Geluk, ou Pik!
2008/06/26 at 6:54 nm |
Whahahahaha @ Boendoe,
Okey Dokey hier is vir jou ‘n bakkie muesli, natuurlike jogurt, ‘n appel, ‘n lemoen en 3 soentjies…. Mwha, mwha, mwha!!!
2008/06/26 at 6:56 nm |
Aag toemaar Pikkie, ek verstaan. Ek weet ok nie hoekom die dae nie meer 24 uur het nie. Toe ek nog op skool was, was die dae en weke so laaaaank en aanhoudend, maar deesdae bly ek ok nie by nie. Ooh en daai klein monstertjie vat omtrent baie tyd . . .
2008/06/26 at 7:55 nm |
Ai die gesonde kos tog! Hoekom eet ons nie sommer net stof nie?
2008/06/26 at 7:56 nm |
Haai Rosie, hier is vir jou ‘n bordjie vol stof en ‘n beker asem!!!
2008/06/27 at 12:36 nm |
Pikke mens verloor BAIE gewig so:
1x Bord stof (nuwe stof, nie ou stof nie)
1x Beker Asem (nuut)
1 x been (klaar uitgesuig)
en vir poeding slaaiblaar
2008/06/27 at 2:25 nm |
@ Rosie – wat is die dieet se naam – die Zim-dieet?