- Adrie het my getag om my persoonlike slagspreuk hier te sit. Keuses, keuses, keuses. Dis nou iets waarmee ek nie baie goed is nie. Weereens moet ek ‘n besluit neem, gaan dit komies wees?… Nee ek dink nie so nie… Hartseer?… Never! Soetsappig?…. Ag nee wat, ek kry genoeg liefde by die huis, so wat bly oor. Seker net die waarheid. Vir een keer sal ek ‘the truth, the hole truth and nothing but the truth’ praat so here goes….
Moet nooit ooit opgee nie. Maak nie saak wat jou omstandighede is, deur watter moeras jy beweeg, op die rand van watter afgrond jy staan nie – moet net nooit ooit opgee nie. Die lewe is nie vir ‘losers’ nie. Moet nooit opgee op jou eie vermoë nie. Moet nooit opgee op jou mense nie. Moet nooit opgee op jouself nie. Die lewe is vir leef, nie vir halfpad dood wees nie. Die lewe is vir ervaar, leer, beleef, vorentoe gaan.
So take it from a fool – never, ever give up!
- Aim for success, not perfection. Never give up your right to be wrong, because then you will lose the ability to learn new things and move forward with your life.
- Dr. David M. Burns
Okey Dokey – Nou tag ek vir Dellie, Kaalvoetertjies, Netjane, BB en Eendjie…




Gedra jou in die blik!
2008/06/19 at 6:54 nm |
Og daar vat jy myne!!! Daarsy!! Tjoef-tjaf – huiswerk klaar!! Ek sal link opsit hiernatoe
2008/06/19 at 7:01 nm |
Jou alie in ‘n blik Biebs – dink ‘n ander een uit!!!
2008/06/19 at 7:15 nm |
Absence makes the heart grow fonder?
Nah…
Oe, ek weet….
Never give up on someone you can’t go a day without thinking about?
Nee, dis ook nie dit nie, dammit, ek’s stuck op liefde
Ek slaan my oë op na die berge…oe oe oe
HIer’s hy nou…belowe.
Filipense 2:14
Doen alles sonder kla of teëpraat
Dis flippen moeilik, maar ek werk daaraan
2008/06/19 at 7:24 nm |
Aventertjie – doen sommer vir ons ‘n post daaroor, ek tag jou opslag!!!!
2008/06/19 at 7:46 nm |
O hel, tel dit vir punte?
2008/06/19 at 7:47 nm |
uhm…presies waaroor moet ek post?
2008/06/19 at 7:49 nm |
Jy moet post oor “My persoonlike Slagspreuk”!!! Konsentreer Aventertjie!!! Fokus!!! Whahahahaha!
2008/06/19 at 7:53 nm |
Ag jammer…die eksamen het na my kop toe gegaan.
Dis moeilik om kop te hou as jy kamtig stress oor English Literature as jy nie ‘n boek WIL oopmaak nie…
2008/06/19 at 8:38 nm |
Pikkie
Ek like. Ek kan jou wragtig eendag met die hand groet. Ek weet ook nie van opgee nie.
2008/06/19 at 9:21 nm |
Baie nice Pikkie, iets soos swem jannie swem, swem, swem
2008/06/20 at 12:28 vm |
Pikkie, uitstekend. Ek het al hierdie prentjie in my kantoor vir die laaste 15 jaar!
2008/06/20 at 7:31 vm |
Myne is: If at first you don’t succeed, try and try again.
My meisiekind het noudie dag op die een afgekom: It’s all fun and games until someone gets hurt…..then it’s hilarious….
Lekker daggie
Sonneblom
2008/06/20 at 9:04 vm |
Netjies Pikkie, ek like hierdie ene. Ek is ook te stupid om moed op te gee!
@ Sonneblom – if at first you don’t succeed, skydiving is not for you!
Ek werk aan my huiswerk, maar dis nie so maklik soos dit klink nie, né?
2008/06/20 at 9:24 vm |
Baie nice Pikkie! Kan nie eers comment nie, net beaam dat die lewe nie vir losers is nie!
2008/06/30 at 5:38 nm |
Nice website!!