Ek weet nie wie van julle het almal gisteraand geluister na die prysstyging van elektrisiteit nie, maar ek is nou nog deurmekaarder as wat ek was voor die aankondiging.
Volgens die berig op SABC2 is daar ‘n 13% agterstallige verhoging, ‘n 19 % nuwe verhoging en party van ons gaan ‘n 32% verhoging hê. Wat ek verstaan is dat die armes ‘n 13% verhoging gaan kry en die rykes (die met huise) 32%… Nou van wanneer af is jy ryk as jy ‘n huis het??? Grote Griet, al meer en meer mense verloor hulle huise omdat die rentekoerse die laaste tyd so opgegaan het. Verder is daar hoeveel Eiendomsagente en agentskappe wat onder gaan omdat die mense wat nie huise het nie, dit nie meer kan bekostig om een te koop nie. Mense met huurhuise verloor hulle huurders omdat die huurders dit nie meer kan bekostig om te huur nie. Kospryse skiet die hoogte in want die brandstofpryse het opgegaan, en nou gaan die kragpryse ook op met ander woorde ons kan nog ‘n prysverhoging in die kosbedryf te wagte wees, want van iewers af moet dit tog verhaal word….
Om terug te kom by ryk en arm, volgens die berig is jy ryk as jy in ‘n huis kan bly… WTF, iewers het ek dan iets verloor of gemis…
Nee wat, ek wonder soms of die regering enige idee het wat op die grond aangaan… Gaan die mense wat in Kwatandeka en France buite Amsterdam bly dan ook ‘n 32% verhoging in hulle elektrisiteit hê, hulle is tog die eienaars van hulle huise… of gaan dit net in die Outydse Wit woonbuurte ingestel word…
En nog ‘n ding, as jy nie ‘n huis het nie, wat wil jy met elektrisiteit maak??? Gaan jy nou ‘n aansluiting vir jou ligte en miskien ‘n televisie langs die parkbankie kry????
Die hele ding maak nie vir my sin nie. Miskien is ek net onnosel maar dit is net te veel vir my klein verstandjie om alles bymekaar te bring…
|
NOTICE: |
___________________________________________________
Update nr 1
OK, mense dis amptelik, ek dink my brein het sopas getrip… In vanoggend se Beeld sê hulle die krag gaan met 27,5% op… Nou weet ek nie meer nie….
Update nr 2…..
Goede flop - Lees hier - Beeld - /me is totally confused….





Gedra jou in die blik!
2008/06/19 at 9:00 vm |
Dankie tog ek betaal nie elektrisiteit nie. Dankie tog ek het nie ‘n huis nie.
2008/06/19 at 9:10 vm |
2008/06/19 at 9:11 vm |
Pik
Maar ek IS arm.
2008/06/19 at 9:13 vm |
al is die province se naam nou mpoepallankal het die wet van transvaal nie verander ie….daaaai kaaaak en betaaaal ene,,,,,
2008/06/19 at 9:15 vm |
Whahahahahaha @ Klippies –
@ Mpoepallankal
2008/06/19 at 9:44 vm |
Pik
Huiswerk wat wag.
2008/06/19 at 9:52 vm |
Jy dink jy is confused? Ek is nog blond ook!
2008/06/19 at 10:02 vm |
Dit is finaal. Ek emigreer Venezuela toe, die oomblik wat ek ‘n pos daar kry wat my salaris beat. Ek wil ook ryk wees.
Hulle betaal maar 11c (julle lees reg) vir ‘n liter petrol.
2008/06/19 at 10:11 vm |
LOL Adrie! Dis seker oorlat hulle poppy-oes so goed doen! Jy weet, vir die opium industrie…
Ja, Pikkie, ek’s ook konfoesd. Laat ek daai link van Beeld gaan lees. Dalkies gaan daar ‘n liggie aan…
2008/06/19 at 10:20 vm |
Boendoe
Dan beter ek ook maar die swart mark aandurf.
2008/06/19 at 10:22 vm |
hahaha, nou die dag op ‘n ander blog gelees die lig aan die einde van die tonnel is deesdae heel moontlik die bankbestuurder wat jou met ‘n flitslig soek!
2008/06/19 at 10:28 vm |
2008/06/19 at 11:09 vm |
O genade tog!
Waarheen gaan die land van ons?
2008/06/19 at 11:56 vm |
As ek moes raai Paula….”swartmark” toe!
2008/06/19 at 12:07 nm |
Nee kyk, die swartmark het darem nou al ‘n paar van my goeters ook. Dalk moet ek maar ook swartmark toe gaan!
Nou, op ‘n meer ernstige noot! My Liefie is elektrisiteit bef…. Jinne, julle wil nie in my huis lewe nie. Daar is timers op die geysers (1uur in die oggend en 1 uur in die aand) As jy wil skottelgoed was moet jy maar die dishwasher gebruik. Geen lig mag brand nie. Ek mag nie die TV met die remote afsit nie, ek moet opstaan en dit by die TV self afsit. Die stoof en microwave mag nie aan wees nie, net as ek hom gebruik. en en en en…… Maar dit was darem lekker die laaste 2 maande om ‘n R500 saving te sien op ons elektrisiteit bill.
O ja, al wat 24hrs loop is sy koipond se pomp, weet sy babies mag mos nou nie vrek van ‘n suurstof tekort nie, in die mean time vries ons ons alies af, geen heaters vir ons nie.
2008/06/19 at 12:33 nm |
Zee – Gelukkig het ek my Dover… Daardie arme ouvrou werk haar kapoet… Van 5 uur innie oggend tot 8 uur innie aand…. Brand sussie brand…
2008/06/19 at 12:36 nm |
Liewe Kaalvoetinireen, mag ek van hierdie besondere (donker) geleentheid gebruik maak om jou ‘n wonderlike verjaarsdag toe te wens… May the good times roll!!!!
2008/06/19 at 1:29 nm |
Dit is belaglik! Gaan ons darem 32 % MEER krag hè, of gaan dit 32 % minder krag wees!!
2008/06/19 at 1:29 nm |
Dankie Pikkie, maar dit was eintlik ‘n staatsgeheim en toe blaker ene Mev Wip dit uit…
Dis net nog ‘n dag en hoe rustiger hoe beter….
2008/06/19 at 1:38 nm |
Geluk kaalvoet. Mag daar nog baie wees.
2008/06/19 at 1:43 nm |
Hi da!
Wa is my maniere… ek het nog nie hier kom groet nie!
Ek is soos my Tweeling, het nie ‘n huis nie en betaal nog minder elektrisiteit!!
As jy nie ryk is nie moet jy slim wees!
Kaalvoet
Baie geluk!!!
2008/06/19 at 1:48 nm |
Haai Nats, So jy sê arm mense is slim??? Whahahaha….
2008/06/19 at 2:05 nm |
Pik
Nie noodwendig alle arm mense nie. Maar as jy slim is… is jy nie meer arm nie!
Bv. Arm vrou is slim + sy trou met ryk man! = Vat al man se geld!!!
2008/06/19 at 2:07 nm |
Nats is tog my Tweeling.
2008/06/19 at 3:51 nm |
Trek in by ‘n koshuis….jy betaal nie elektrisiteit nie
Wel uhm ja…wat kan mens doen?
My mening natuurlik is as hulle net sal ophou om krag aan die buiteland te voorsien (vir FV – feitlik v…..erniet) sal daar meer krag wees vir ons om te gebruik en dit sal nie nodig wees om nog kragstasies te bou nie ens ens ens…
Aan die positiewe kant…ek’t tog more vakansie
2008/06/19 at 4:11 nm |
Ek pak… ek is oppad swartmark toe, Siamees. Kom jy saam
2008/06/19 at 6:14 nm |
Ek is in Siamees…. Wanneer gaan ons!!!
2008/06/20 at 7:47 vm |
Mmmmm ek dink daar is ‘n komplot…ek dink meeste generator besighede is BEE…sien, so as jy nie wil betaal vir krag nie koop jy ‘n genie…by die ’swartmark’…alles vir bemagtiging….en dan is daar nog die brandstof pryse…..nee wat…dis ‘n lose lose situasie……en ek sallie my heater afsit nie!!! Ek kry te koud