So belangrik…..

Dellie en Roer het my getag om te sê wat vir my die belangrikste ding denkbaar is.   Ek dink hierdie een val saam met Knersis se tag wat ek nog nie by uitgekom het nie.  Jipeeee, twee olifante met een skoot!!!!!

Nou-ja hier is hy:  Die belangrikste ietse in my lewe:

  •  My God – sonder Hom was ek lankal seker nie meer nie.  Hy is my Anker en my Veilige hawe.
  •  Mynick – my man, my vriend, my minnaar, my vertroueling, my alles.
  •  My kinders – ek wil hulle nie in dieselfde asem as my man sê nie, want alhoewel ek hulle liewer as my eie lewe het, weet ek dat hulle ook eendag sal grootword, aangaan met hulle eie lewens – ek sal altyd hulle mamma bly, maar hulle sal dan ook hier kan intik, my man of my vrou…

Nou ja, daar het julle dit.   Ek tag nou vir Wipneus, Netjane en Adrie as hulle nog nie getag is nie… 

Lekker slaap, ons praat weer more…

 

7 Responses to “So belangrik…..”

  1. Wipneus! Says:

    Jy is op die regte pad Pikkie!!!

  2. Adrie Says:

    Pikkie

    Ek sal more deur die dag my huiswerk indien. Iets belangriker tans op die hart.

  3. riaanoosthuysen Says:

    Ek is baie beindruk met jou volgorde. Ek glo ook dit moet die volgorde wees:
    1. God
    2. Vrou of Man
    3. Kinders
    4. Werk
    5. Sport

  4. Roer Says:

    Nice Pikkie. Tien uit tien.

  5. Zee Says:

    Pikkie, dis nogal n baie raak volgorde hierdie!

  6. Roer Says:

    Riaan, ons lewens kom sport voor werk, want as jy nie gesond is en na jou liggaam kyk nie (redeneer ons), kan jy nie werk nie. Noem maar net.

  7. Wat vir my belangrik is. « Dorings en soms Rose Says:

    [...] julle nou so deurmekaar is as ek, blameer vir Pikkelik.  Ek tag dan hiermee vir almal wat by my kuier om die 5 belangrikste goed in hulle lewe te gee.  [...]

Leave a Reply