Oi, het ek hierdie naweek ‘n uitdaging beleef. Poppedyn (11 maande) het uitgevind tioletpapier kan afrol. Letterlik afrol, deur die badkamer, deur die gang, deur die sitkamer, deur die kombuis, deur die slaapkamer tot weer in die badkamer. En daar sit ek, en ek rol op, en rol op, en rol op en nie 10 minute later nie rol sy dit weer af, deur die badkamer, deur die gang….
Vir die eerste keer in my lewe dink ek toe aan die ontstaan van toiletpapier. Wie was so slim? Wie het besluit dat mieliestronke en blare nie rerig vir daai sagte deel van ‘n mens se anatomie gemaak is nie? Toe gaan google ek. Die slim man se naam was Zeth/Seth Wheeler, (hulle kan nie besluit hoe om dit te spel nie) wat dit gepattenteer het, pattent nommer: 117,355 (US) issued July 25, 1871, maar klaarblyklik was dit al in die dertiende eeu vir die ‘Emporer’ in China geproduseer. In 1857 het Joseph Cayetty die eerste toiletpapier wat in ‘n fabriek gemaak is verkoop. In 1877 het Albany Perforated Wrapping Paper Co.( Wheeler se tweede maatskappy, die eerste het gevou) vir die eerste keer standaard geperforeede papier op ‘n rol verkoop. In 1942 het die St. Andrew’s Paper Mill in England vir die eerste keer dubbellaag toiletpapier verkoop. Dit was dan ook heelwat sagter as die ouer weergawes.
So daar het julle dit, die allernoodsaaklikste gebruiksartikel in ‘n huis, waarvoor weermag manne sigarette ruil, waarsonder jy vir ure in ‘n publieke toilet vasgekeer kan sit, en onontbeerlik met snotneusskreebekkies. Daar is werklik webwerwe wat net Kersfees en kamofleer toiletpapier verkoop om maar twee te noem.
So lekker vee…
Adrie – die een met internetgeriewe….






Gedra jou in die blik!
2008/05/26 at 9:06 vm |
Pik
Dink so daaraan, dit is die goedkoopste speelgoed wat jy ooit vir haar gaan koop.
2008/05/26 at 9:29 vm |
Pikkie, ons het ook daardie stadium gehad. Al oplossing wat ons kon vind was om die toilet rolle in die vensterbanke te sit. Maar ek sien hy begin nou lekker klouter, het hoeka Saterdag aand op die stoel, op die eetkamer tafel geklim, bo-op die laptop gaan sit met my bril op sy kop. Ek wens ek het n kamera in my hand gehad op daardie oomblik maar die was langs die laptop besig om fotos te transfer laptop toe.
Ek ys nou nog as ek daaraan dink, imagine ek het n paar minute later ingeloop, dan was die kamera dalk net op die vloer en ek dooie Zee!
2008/05/26 at 9:38 vm |
Ek het eenkeer in Duitsland ‘n paar rolle gekoop met strokiesprente op – die mense het laaaaaaank gevat om uit die badkamer uit te kom as hulle by my ‘n draai gaan loop het
(of weet die bevoorregtes dalk of 3-ply wel op die regte plek afskeur??)
Hoogs interessant dankie!! Maar hoekom is dit dat dit nooit op die geperforeerde deel skeur nie
2008/05/26 at 9:48 vm |
Hier in Swede kan mens Suduko rolle by sommige winkels koop. Nogal tempted, maar dan sal ek met dieselfde probleem as BB sit…
2008/05/26 at 10:07 vm |
Dankie tog vir Seth Wheeler, ‘n blaar sal darem ‘n bietjie koud wees in die winter…..
2008/05/26 at 10:29 vm |
Wie ken nie daai toilet papier wat kinders so kan afrol tot dit klaar is nie? Dan try jy dit weer netjies oprol, die rolletjie lyk skoon skeef as jy dit oprol, dit en kombuiskaste wat kinders so uitpak, haai hoe mis ek dit nou, my kinders het altyd so met my potte en panne kas gespeel, party keer die goed sommer uitgegooi dan klink dit soos ‘n klein oorloggie in daai kombuis!! Ek onthou juffrou’tjie het eendag een van die klein katjies so in toilet papier toegedraai, jy het net ogies gesien uitsteek!!
2008/05/26 at 11:09 vm |
Nou ja toe!
2008/05/26 at 12:51 nm |
Ons het darem al ver gevorder van klein huisie met “Saal 10″ toiletpapier, tot spoel toilet met “tripple ply recycled” toilet apier.
2008/05/26 at 12:54 nm |
Hoe se Attie? Nou ja toe. Ons het ook al die wit paaie deur die huis gevolg om die oorsprong daarvan te probeer spoor. Gelukkig gaan dit ook oor.
2008/05/26 at 12:57 nm |
Oulike post. Snaaks hoe emns verby die dingetjies kyk. All heil St Andrews Paper Mill (nogal gedurende WWII?)
2008/05/26 at 12:58 nm |
Ek bedoel mens!
2008/05/26 at 1:46 nm |
My man se altyd hy wil nog toiletpapier met grappies laat maak! Hy se hy sit soms so lank, dit sal nice wees om ten minste iets te kan lees terwyl hy wag!
2008/05/26 at 2:41 nm |
Adrie – nie so goedkoop nie, ons het nie ‘n rioolstelsel nie, werk nog met die suiglorrie hier by ons – septiese tenks – jy kan nie goedkoop papier gebruik nie. Dit verstop die pype… oi


Zee – gelukkig was die kamera nie in die badkamer nie, anders was die dalk in die toilet soos menige items in ons huis…
BB – jy is reg, die two-ply se skeurdele is nooit gesinc nie. Die een is altyd bietjie hoër of laer as die ander.
Netjane – Saduko op die toilet – Wow!!!
Eendjie – wees bly die tye van mieliestronke is verby!
Meermin – nou praat jy mens, dis scary hoe hulle kan uitpak!
Rustig – Jip, onthou jy nog die blokkies koerantpapier in die ‘buitehuisie’…
Demoerin – het nie eers aan die oorlog gedink nie, kan jy nou meer…
Boendoe – almal sal wonder hoekom lag jy so daar agter die toe deur!!!
Riaan en Attie – ek deel jul sentiment, dit is merkwaardig!!
2008/05/26 at 2:46 nm |
Ek wag nog vir ‘n toilet met internet geriewe.
2008/05/26 at 2:50 nm |
Nou praat jy Adri, wag ek sit gou een by op my post…
2008/05/26 at 3:10 nm |
Pik
Wil jy nou kroek net om meer hits te kry?
2008/05/26 at 3:12 nm |
Hehe, ek onthou nou net dat klein hondjies net so lekker speel met toiletpapier…
2008/05/26 at 4:21 nm |
2008/05/26 at 4:56 nm |
Pik
My rug sal breek op daardie troon.
2008/05/27 at 8:30 vm |
Jinne, daai troon lyk of hy jou maan toe sal kan vat! haha
2008/05/27 at 9:05 vm |
whaahaahaa ek het gister al die pret gemis, met my adsl ens.
Ek wil my bestelling vir so troon insit, dis ‘n goeie ding vir ‘n internet junkie om te hê.
2008/05/29 at 5:13 nm |
Sjoe, ek was lanklaas hier, maar ek het hierdie inskrywing geniet.
Dit verbaas my soms nou nog dat meeste SA mense 1-laag toiletpapier gebruik, hier kry ons dit nie eers in publieke toilette nie en dis glad nie te koop nie.
Ek sal nooit van die rekenaar af kom met so troon nie lol
Het nogal nou die dag ‘n interessante forum gesien waar die vraag was of jy jou toiletpapier opvou of opfrommel om dit te gebruik, dis ‘n snaakse gewoonte om aan te leer.
2008/06/21 at 7:31 nm |
Somehow i missed the point. Probably lost in translation Anyway … nice blog to visit.
cheers, Megaton!!