Ouboet het gister vier jaar oud geword. ‘n Momentale gebeurtenis in sy lewe. ‘n Mens word darem net een keer in jou lewe vier jaar oud. Die partytjie het met baie trane gepaartgegaan. Trane van my kant af, dit sou eers Saterdag gewees het, maar niemand kon kom nie as gevolg van verskillende verpligtinge. My hart was stukkend. Hoe sê ek vir my kind daar gaan nie meer ‘n partytjie wees nie!? Deur die Genade het dit toe gebeur dat sy nefie en niggie gister kon kom en ek kon nog een outjie kry om saam partytjie te hou. Nie wat mens in gedagte gehad het nie, maar hy het hom gate uit geniet. Hier is ‘n paar foto’s:

Almal BLAAS saam aan 1 kersie.
Ouboet en Poppedyn met nefie en niggie.
Mynick en Ouboet met OumaGroot in die agtergrond!
Kyk hoe byt my dinosour jou op die arm!
Ouboet se geskenk!
Storie en slaaptyd!
Lekker dag vir julle almal….





Gedra jou in die blik!
2008/04/16 at 9:43 vm |
Bageluk met ouboet se verjaarsdag geniet jou dag!
2008/04/16 at 10:01 vm |
Pikkie
Julle maak wragtig mooi kinders. Kan ek asseblief 3 bestel oor ‘n tydperk van 10 jaar? Ek gee nie om vir geslag (maar ‘n dogtertjie sal gaaf wees), skete of moeilikheid nie.
2008/04/16 at 10:06 vm |
Adrie LOL , ek sou sè gaan maak jou eie dis mos lekker of hoe dan?
Pikkie- ek fluister dit nou in jou oor maar kan ek ook 2 kids bestel….
2008/04/16 at 10:19 vm |
Neykie
Maar my vy!!!! As dit so lekker is, gaan maak jou eie. Ek het eerste bestel. Dit is nie die kinders wat my pla nie, maar die pa wat my moet help maak.
2008/04/16 at 10:26 vm |
Nee Maatjies. my fabriek is toegemaak. SOOOORRRYYY, gaan maak julle bleddie eie! Alle goeie dinge gebeur op die regte tyd. Wie wag sal beloon word. (Sê Ouma!)
2008/04/16 at 10:37 vm |
Pikkie
Ek is GLAD nie meer lief vir jou nie. Niks!!!!
(Erenstig, jy het pragtige kinders. Dit is jammer dat jou planne vir ouboet nie uitgewerk het nie, maar hy het dit seker net so veel geniet.)
2008/04/16 at 11:28 vm |
Uhm, Adrie, my Liefie sê altyd hy maak dogtertjies verniet, en vir seuntjies vra hy R5…
Het jy self daai koek gebak, Pikkie? I R impressed… !
2008/04/16 at 11:32 vm |
Dellie
2008/04/16 at 11:50 vm |
Hehe Adrie, nee, so maklik kom jy nie daarvan af nie… die “fooi” is juis so laag omdat jy teenwoordig moet wees tydens die proses…
2008/04/16 at 12:15 nm |
Adrie nou gaan soek ‘n pa!!!
ek sal maar gaan vir die sperm bank. Nou nie so lekker soos die ware ding nie-maar nou ja…..
2008/04/16 at 12:30 nm |
Nou sê ek niks meer nie!!!! Ek maak ‘n inskrywing oor my seunTJIE se verjaarsdag met koek en speelgoed, en julle praat oor seks!
2008/04/16 at 12:51 nm |
Pikkie
Jammer, ek het vergeet jou laaitie is met die ooievaar afgelewer. Kan jy vir my ‘n nommer vir die ooievaar gee? Dan bestel ek daar.
Dellie
Se vir Liefie ek is ‘n “Queen”, dan sal hy gou van plan verander.
2008/04/16 at 12:56 nm |
A3 – As dit is hoe dit voel as ‘n ooievaar ‘n ding aflewer gaan ek nou dadelik al die bliks***s skiet. Nee hel, wat te erg is is te erg!
2008/04/16 at 1:16 nm |
Pikkie- as ek mooi terug lees het nie een van ons die woord seks so ydelik gebruik nie- maar nou dat jy dit so op die naam noem wha-ha-ha
2008/04/16 at 1:17 nm |
Pikkie dis pragtig, jy het baie moeite gedoen met die koek! Hulle het dit duidelik geniet.
2008/04/16 at 1:37 nm |
Geluk en geniet die voorreg!
2008/04/16 at 2:13 nm |
Weet jy waaroor is ek eenvoudig net gek? Verjaardagkoeke wat ma’s self vir hulle kinders bak en versier, of koeke wat hulle dan laat bak en versier soos wat die kind dit wil he. Ek is mal oor die koek van jou kind.
Dit laat my altyd terugdink aan die liefde waarmee my ma en ouma my koeke (en my eksotiese versoeke) reggekry het.
Dit is AMAZING
2008/04/17 at 6:15 vm |
Happy ! Happy ! Jou kleingoed is pragtig.
2008/04/17 at 4:16 nm |
Hallo jy, Ek weet sommer die partytjie was ‘n groot sukses. Ek wens ek kon so koek bak maar die beste wat ek kan doen is ‘n normale chocolate koek. Jou kindertjies is te pragtig vir woorde, die beste gesken wat iemand ooit kan voor vra. Wees lief vir hulle. ‘n mens kan sommer sien jy is baie ongelooflik baie lief vir hulle twee.
2008/04/17 at 4:29 nm |
My aarde Pikkewyn, dat jou en Nick se nageslag nou so ‘n sessie tot gevolg kan hê! I am amazed…… en verstom oor die reaksie!
Druk daai 2 kleingoed op!
Luv u!
2008/04/21 at 1:46 nm |
Pikkelik, die koek is stunning, lyk of hulle dit darem gate uit geniet het!
2008/11/06 at 7:05 nm |
Hi Pik,
Dankie, ja, dit IS ‘n oulike idee!